Leesplan inligting

BesittingsVoorbeeld

Belongings

DAG 5 VAN 7

Hoe Om God Te Vertrou, Veral As Jy Nie Genoeg Het Nie



Voel enigiemand anders oorweldig deur die aantal dinge wat op jou ophoop? Jy het vyfhonderd dinge wat teen sononder afgehandel moet wees en dit lyk asof jy nooit genoeg tyd, geld, hulpbronne en energie het om seker te maak elke blokkie is afgemerk nie. Ja, ek ook. Dus, hoe is ons veronderstel om God te vertrou — veral wanneer ons net nie genoeg het nie?



Die maand toe ek van universiteit gegradueer het, was 'n besige tyd, want ek het nie net gegradueer nie. Ek sou ook trou, na 'n nuwe stad verhuis en 'n nuwe werk begin. En toe hoor my verloofde hy sou sy werk verloor net voor ons troue en die groot trek. Ons aanvanklike reaksie was om paniekerig en bekommerd te raak. Maar om in geloof te leef, het beteken ons moes God vertrou om te voorsien, al het ons nie verstaan wat Hy besig was om te doen nie.



Beteken dit ons kan net ontspan en vir God wag om 'n wonderwerk te doen? Wel, ja en nee. Ons moet werk en genoeg rus. Ons behoort nie rasend en sonder hoop te wees nie, maar ons moet na vriende en familie uitreik vir leiding en hulp. Ons moet beslis aanhou om God te eer met die tyd, talente en skatte wat Hy ons gegee het. Dit gaan daaroor om ons gedagtes op God as Voorsiener gevestig te hou en ons harte in liefdevolle gehoorsaamheid aan Hom.



Dus, terug na my en my verloofde. Ons het aangehou om hard te werk en God te vertrou. Elke keer as twyfel, vrees of paniek ons wou onderkry, het ons mekaar bemoedig om God te vertrou om ons deur hierdie tyd te dra. 'n Hele paar weke na my verloofde sy werk verloor het, het my vryskut ontwerpmaatskappy begin om meer geld te maak, wat ons gehelp het om deposito's te betaal vir ons nuwe huis en ons vervoer onkoste. In daardie week, is ek ook 'n voltydse werk aangebied (hallo, wonderwerk)! Ons het gebid vir 'n wonderwerk en God het geantwoord. Dit het net nie gelyk soos ons oorspronklik gedink het dit sou nie.



Ons het genoeg, selfs wanneer dit lyk asof dit nie die geval is nie. Hoekom? Omdat ons in God se hande is. Hy wil altyd vir ons voorsien. Soms mag dit lyk asof dit te lank neem, maar dit sal altyd teen God se tempo opdaag, nie ons s'n nie. Dink aan die verhaal in 1 Konings toe God Elia belowe het dat Hy reën sou bring na 'n lang droogte. Elia het sy dienskneg sewe keer gesê om te gaan kyk vir 'n teken van reën. Kan jy jou voorstel hoe ontmoedigend daardie gewag moes gewees het? Het jy oor en oor vir jou belofte gesoek en niks gevind nie? Hier is die sleutelpunt: Elia het nie sy vertroue in die sien van 'n reënwolk geplaas nie — hy het sy vertroue in God geplaas. Jy kan ook. En ons kan vertrou dat Hy alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet.



My skoonpa sê: "Ons mag dalk nie altyd hê wat ons wil hê nie, maar God sal altyd vir ons gee wat ons nodig het." God se voorsiening in ons lewens mag dalk nie altyd lyk soos ons verwag het dit sal lyk nie. Dit is hoekom ons God moet vertrou voordat ons 'n wonderwerk sal sien.



— Leanna 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Belongings

Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid