Leesplan inligting

BesittingsVoorbeeld

Belongings

DAG 1 VAN 7

Hoe om Jou Eie Professionele Organiseerder te Word en Jou Goeters te Laat Gaan



Het jy al ooit gewens jy was 'n professionele organiseerder net om jou "goeters" onder beheer te kry? Ons almal is al daardeur. Ons koop iets waaroor ons later spyt is. Ons koop dinge wat nie daarin slaag om ons gelukkig te maak nie. Ons wil 'n eenvoudiger lewe hê. Gelukkig kan God ons almal in hierdie area help! 



In 'n wêreld wat die hele tyd vir ons vertel om die nuutste goed te koop, is dit moeilik om eenvoudig te leef. Ek is egter nou vasbeslote om eenvoudig te leef. Ja, ek wil natuurlik 'n gemaklike, huislike ruimte hê en ek het dit! Ek het nou ook 'n balans gevind in my besittings, sonder dat my goed my besit.



Nadat ek Matteus 6:19-21 gelees het, het my benadering tot my besittings verander. Ek wou iemand wees wat skatte in die hemel bymekaarmaak en nie op die aarde nie, dus het ek maniere gevind om my lewe te vereenvoudig. Ek het twee doelwitte gehad. Eerstens, het ek myself belowe om tydsgebonde perke te stel. Ek het besluit ek wil nie meer Saterdae gebruik om inkopies te doen nie. Daardie dae wil ek eerder saam met my gesin deurbring, ander mense dien en 'n beter vriend van God word. Gevolglik het ek 42 sakke goed weggegee en ek het eenvoudig begin. Tweedens, wou ek perke met my geld stel, sodat ek meer vrygewig kon word.



Natuurlik is daar derduisende maniere waarop jy jou eie professionele organiseerder kan word en jou lewe vereenvoudig, maar hier is drie dinge wat ek doen wat jy dalk ook uitvoerbaar mag vind!



Drie Maniere Waarmee ek my Lewe Vereenvoudig:



1. Ek koop klere net in vyf kleure. Dit mag sommige dalk afskrik. Regtig, nou dra ek net neutrale kleure, groen en pienk. Hoekom? Want dit pas bymekaar! Dit is vinniger om aan te trek. Ek hoef nie te besluit watter kleur bloes om te koop nie, want ek weet klaar wat my opsies is.



2. Elke keer as ek iets huis toe neem, raak ek van iets anders ontslae. Die lewe kan eenvoudiger wees deur daagliks goed wat nie meer benodig is nie te skenk of te herwin. As ek 'n nuwe bloes huis toe bring, skenk ek 'n bloes. As ek 'n nuwe stel lakens huis toe bring, dink ek: Van watter stel lakens kan ek ontslae raak? Hierdie oefening is 'n goeie maatstaf om te bepaal hoe nodig 'n item regtig is.



3. Ek koop herinneringe eerder as goeters. Dit beteken dat ek en my man konsertkaartjies as 'n geskenk sal gee, ons op 'n reis gaan, of 'n familie aktiwiteit reël in plaas van 'n nuwe toestel aan te koop. Daar is niks mee verkeerd om vir ander geskenke te koop nie. Ons gebruik bloot meer tyd om die langtermyn impak en herinnering van die geskenk te deurdink.  



Jesus het nie sy lewe daaraan gewy om goed te koop of na die beste winskopie te soek nie. Hy het sy lewe gebruik om ander lief te hê, God lief te hê en vrygewig te wees. Hoe moeilik dit ook al vir ons mag wees om eenvoudig te leef, kan ons almal 'n professionele organiseerder word, want hierdie leefstyl kom met geweldige voordele. Wanneer jy minder het, sal jy vind jy het eintlik meer — meer geld en meer tevredenheid. Die belangrikste is dat jy meer tyd sal hê om die ware skatte van die hemel bymekaar te maak!



—Michelle


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Belongings

Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid