Leesplan inligting

BesittingsVoorbeeld

Belongings

DAG 2 VAN 7

Verbruikeritis: Maak Hierdie Gejaag Na Goed Jou Siek?



As inkopiesentrums, afspraak toeps of mode handelsmerke ons enigiets geleer het, is dit dat daar altyd meer beskikbaar is. Meer groottes, meer kleure — meer van alles. Maar al hierdie "meer" maak die wêreld siek. Ons het 'n wêreldwye uitbraak van verbruikeritis.



Adverteerders leer ons dat 'n nuwe produk ons leegheid sal vul. Daardie gevoel is vlugtig, dit sal ons nie op die lange duur bevredig nie. Sodra ons daardie aankoop gemaak het, verskyn beter produkte en ons ontevredenheid is terug. Hierdie ontevredenheid is net een simptoom van ons geestelike ongesteldheid. Ons is geleer om vervulling op die verkeerde plekke te soek, eerder as om tevredenheid te vind in die wete dat ons hemelse Vader ons liefhet.



Dit is nie net ons wat beïnvloed word nie. Die snelle pas van die verbruikerswese en die berge rommel wat volg, het 'n wêreldwye uitwerking. Miljoene produkte word in plastiek verpakkings verkoop, ook in arm lande waar daar nie effektiewe vullisverwydering is nie. Mense het soms geen ander keuse as om dit te verbrand, in waterslote te gooi of midde daarin te leef nie.



Daiane is 23 jaar oud en woon saam met haar gesin in Brasilië. Sy sê: "Dit hoef net te reën dan is daar oral vloede. 'n Klomp gemors spoel in die rivier af." Die gemors wat saam met die rivier afspoel veroorsaak 'n broeiplek vir muskiete wat siektes dra. Daiane sê: "Wanneer daar vloede is, kry almal diarree en word siek. Ek moes hierdie week my dogter help wat opgegooi het."



As mense wat geroepe is om ons bure in ander wêrelddele lief te hê en goeie versorgers van die skepping te wees, moet ons iets doen. Sedert die begin van 2019, genereer ek geen afval nie, wat beteken dat ek omtrent niks na die afvalhoop toe stuur nie. As ek my naaste liefhet, omgee vir die skepping en 'n God dien wat omgee vir regverdigheid, dan voel die vermindering van my afval na die logiese stap om te neem. 



Miskien gaan jy nog nie na geen-afval generering toe nie, maar daar is sommige dinge wat jy kan doen om verbruikeritis te weerstaan en 'n vol en tevrede lewe te lei:



1. Maak weer kontak met wie God sê jy is. Jy is na God se beeld geskape, dus hoef jy nie goed na te streef om geliefd, geken en aanvaar te word nie. Jou goed bepaal nie jou waarde nie.



2. Maak weer kontak met jou goed. Moenie net die goed wat jy koop, sien as 'n produk nie. Dink ook aan die mense en prosesse wat betrokke was om die produk vervaardig en by jou te kry. Jy mag vind dit beïnvloed die manier waarop jy koop.



3. Daar is nie 'n plek soos "weg" nie. Wanneer ons iets weggooi, hou ons op om daaraan te dink asof dit verdwyn het. Maar jou rommel sal aanhou bestaan lank nadat jy daarvan vergeet het.



4. Stel perke. Kies om nie gedefinieër te word deur wat die wêreld sê die volgende beste ding is wat jy moet doen of koop nie. Byvoorbeeld, dink daaraan om jouself te beperk tot 'n minimalistiese klerekas en wy jouself daaraan toe om 'n spasie te maak voordat jy nog koop.



—Jack


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Belongings

Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid