Leesplan inligting

BesittingsVoorbeeld

Belongings

DAG 3 VAN 7

Toe ek Niks Oorgehad het nie, het ek die Diepte van die Woorde, "God Sal Voorsien" Geleer



Een nag het ek wakker geword en 'n oranje gloed teen die vensters van ons hoofslaapkamer gesien. My eerste gedagte was dat iemand se huis aan die brand is. Ek het uit die bed gespring, vinnig buitentoe gegaan en die vuur gesien. Die vuur was egter nie by iemand anders se huis nie. Die vuur het by ons solder se luggate uitgeskiet.



Soos jy jou kan voorstel, het ek na binne gehardloop om my man wakker te maak. My verstand was nog nie heeltemal helder nie, maar ek het een ding geweet: ek moes my drie seuns uit die brandende huis kry. Ek was verlig toe ons almal eers veilig buite was.



Binne ure het alles heeltemal verander. Die uitdrukking: dit gebeur net met ander mense, was op die voorgrond van my gedagtes, soos die werklikheid begin insink het. Tog, selfs te midde van hierdie soort trauma, het ek geglo God sal voorsien. Aan daardie versekering het ek vasgeklou.



Ten tyde van diepe hartseer en uiterste verlies, kan ek jou verseker dat God op maniere sal voorsien wat jy jou nooit sou kon voorstel nie. Hy het vir ons voorsien op materiële gebied deur familie, vriende en die gemeentelede wat oorvloedig vir ons gegee het en Hy het ons staande gehou toe ons geestelik en emosioneel uitgeput was deur die traumatiese ondervinding wat ons deurgemaak het. God het Sy wonderlike voorsiening in ons lewens gewys en toe baie verder as dit gegaan en ons baie lewenslesse geleer.



Hier is die drie dinge wat ek geleer het toe ons gesin alles verloor het:



1. Dit het nie so seergemaak as wat ek my voorgestel het nie. Ja, ek het nie skoene, 'n tandeborsel of 'n bed gehad nie, maar my man en my drie seuns het gelewe. Jy kan klere, meubels en 'n huis koop, maar jy kan nie menselewens vervang nie. 



2. Dit is die klein dingetjies wat saak maak. Ons het alles verloor. Ek het 'n kortbroek en 'n t-hemp aangehad toe ek uit die huis gehardloop het. Dit was al wat ek saam geneem het. Maar, soos die weke verbygegaan het, het ons goed gevind wat die vlamme oorleef het—soos die stuk hout wat ek gebruik het om my seuns se lengte mee te meet en 'n handvol ou foto's. Om daardie herinneringe te vind, het meer beteken as om goed te vind soos my gunsteling leunstoel of 'n paar stewels.



3. God weet alles. Ja, hierdie goed was in ons besit, maar ons sou dit nooit besit het as dit nie vir die wonderbare voorsienende hand van ons groot God was nie. En ek glo dat, aangesien Hy een keer voorsien het, Hy dit weer sal doen.



Jy mag dalk in nood wees. As dit jou situasie is, het ek goeie nuus vir jou. God voorsien vir ons op wonderbare en alledaagse maniere. Hy sien jou en Hy weet wat jou nood en begeertes is. Vra Hom. Hy is lief daarvoor om vir sy kinders te voorsien. Hy sal in jou behoeftes voorsien deur Jesus Christus. As Hy vir die voëls in die lug voorsien, sal Hy nie vir jou ook voorsien nie? Hy sal beslis.



—Cindy 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Belongings

Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid