Leesplan inligting

God Is So GoedVoorbeeld

God So Good

DAG 4 VAN 5

Wanneer Ek Die Naam Van Jesus Aanroep




"Wanneer ek die Naam van Jesus aanroep, verbreek die blote vermelding van sy Naam die duisternis en maak dit my siel rustig.”



Wanneer ons die Naam van Jesus aanroep, is dit nie net woorde of name wat ons uitdink of saamvoeg nie. Daar is ware krag in die Naam van Jesus. 



Ons vind redding in die Naam van Jesus. Ons word aangesê om in die Naam van Jesus te bid, want dit is deur Hom dat ons 'n verhouding met God het. Die apostel Paulus sê in sy brief aan die gemeente in Filippi: “ ... sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig.” 



As selfs die kragte van die bose magte in die wêreld moet buig by die blote vermelding van sy Naam; dan moet ons as volgelinge van die lewende God, sy Naam aanroep en ons angste, bekommernisse, verslawings en siektes sal dan ook voor Hom buig. Daar is vryheid in die Naam van Jesus.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God So Good

Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid