Leesplan inligting

God Is So GoedVoorbeeld

God So Good

DAG 3 VAN 5

Lewe Vir My 




Jesus sê in Johannes 10:10 dat Hy gekom het sodat ons “die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” Hierdie lewe is bedoel om meer te wees as om net elke dag te bestaan. Ons is bestem om die lewe met die ewigheid voor oë te leef en te ervaar — dit deur die lens van Jesus te sien. 



As gevolg van Jesus se oneindige groot liefde vir ons, het ons lewe, het ons vryheid en het ons hoop! Ons uitdaging is om ander lief te hê soos Jesus ons liefgehad het. Ons wys aan ander mense, deur ons woorde, gedagtes en dade, dat die lewe saam met Jesus net beter is. 



Klaagliedere sê dat God se genade elke oggend nuut is. Jou sonde is uitgewis, God dink nie meer aan jou verlede nie, Hy neem jou skuld en skande weg. In Jesus het jy die ware lewe.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God So Good

Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid