Leesplan inligting

Heilige Gees: Is Ons Vlambaar of Brandbestand?Voorbeeld

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

DAG 6 VAN 7

Jou Oorspronklike Salwing 


Jy is uniek geskape, gesalf en deur God aangestel vir sy doeleindes en vir jou tyd en periode. “... mag jou krag soveel wees soos jou dae” (Deuteronomium 33:25, NLV). In plaas daarvan om jou te bekommer oor wat jy nie het nie, fokus eerder op wat jy wel het, stap in geloof uit en kyk hoe God deur jou werk. Op Pinksterdag het die 120 nie vir ’n dubbele salwing gevra nie. Neem asseblief kennis: NIEMAND HET DIE BOKAMER MET TWEE VLAMME OP HUL KOPPE VERLAAT NIE. Net “'n vlam het op elke gelowige gaan sit” (Handelinge 2:3, ABA). Hierdie een vlam verteenwoordig die hele vuur van God – sy gesag, krag en heerlikheid. 



Wanneer ek deur die wêreld reis, word ek gereeld gevra: “Bid asseblief vir my; Ek wil jou salwing hê.” My teenvraag? “Dink jy as ek vir jou my salwing gee, sal ek daarsonder huistoe gaan? Sekerlik nie.” Die wonderlike geheim is: As jy Reinhard Bonnke se salwing gekry het, sou jy 'n duplikaat van Bonnke word. En laat ek vir jou sê: Ek persoonlik wil nie 'n duplikaat van 'n duplikaat wees nie — en God wil dit ook nie vir jou hê nie.



As jy iets oor die karakter van God wil weet, bestudeer die natuur. Meer as 7,5 miljard mense het nie dieselfde vingerafdrukke nie, en geen twee blare van enige boom het presies dieselfde struktuur nie. Hoekom? Omdat God nie duplikate maak nie — Hy is die Skepper. Hy vervaardig slegs OORSPRONKLIKES en bedryf geen kopieermasjien nie. Die vlam op jou kop is so persoonlik dat dit jou naam dra. Dit is pasgemaak net vir jou. Dit sou niemand anders pas nie. Niemand op aarde kan God presies soos jy dien nie! Jy is uniek — en so ook jou salwing!





Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

Daar is 'n dinamiese, opstandingskrag binne-in jou. Evangelis, Reinhard Bonnke, het 'n paar kragtige leringe oor die Heilige Gees vir jou neergepen en het dinamiese Punte van Krag oor die Heilige Gees geskryf. Hierdie 7-...

More

Baie dankie aan "CfaN Christ For All Nations" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://shopus.cfan.org/collections/reinhard-bonnke/products/holy-spirit-are-we-flammable-or-fireproof-english

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid