Leesplan inligting

Heilige Gees: Is Ons Vlambaar of Brandbestand?Voorbeeld

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

DAG 3 VAN 7

Die Vuur van God in Jesus


Vir sommiges was dit 'n plek van aanbidding. Vir ander was dit 'n plek om besigheid op enige moontlike manier te doen. Vir die Seun was dit egter sy Vader se huis – heilige grond en 'n plek vir gebed, verlossing, genesing en vrymaking vir alle volke. Daarom het Hy met die sweep onder die geldwisselaars en die diewe ingeklim, wat die woede van die Fariseërs veroorsaak het. Met sy Vader se eer op die spel en die vrymaking van volke wat in die weegskaal gehang het, het Hy sy lewe gewaag en in die gesig van die dood gelag omdat alles die moeite werd was. Hy sou na die kruis gaan, as Hy moet. Wat 'n passie!



In menslike ervaring, word God se vuur as passie verstaan — die soort passie wat ons in Jesus gesien het. Miskien was Hy nie net passievol in sy woorde nie. Toe Jesus vir die laaste keer Jerusalem toe gegaan het, lees ons dat Hy voor sy dissipels uitgeloop het. Hulle het gesien hoe Hy Homself verder aangespoor het (Markus 10:32). Hoekom? Op een of ander manier was die vuur in sy siel duidelik in die manier waarop Hy geloop het.



Toe hulle daar aankom, het Jesus die ontheiliging van die tempel gesien. Die dissipels het toe verdere bewyse gehad van sy hartstogtelike gevoelens. Sy reaksie het Hom in 'n ontsagwekkende figuur verander. Die dissipels is aan die woorde van Psalms 69:10 herinner: “Omdat Ek U huis liefhet, moet Ek ly ...” Dit was egter woede wat uit liefde gebore is, nie 'n koue woede nie. Jesus was nie 'n waansinnige fanatikus nie. Hy het maar net sy Vader se huis liefgehad. Dit was sy begeerte om mense in die tempel te sien wat in vryheid en geluk aanbid. Die handel in die tempel het dit alles bederf. Sy hart het soos 'n vulkaan oorgeloop. Die vuur van die Heilige Gees in sy siel het Hom die tempel laat reinig. 



Die kinders, blindes en kreupeles het egter agtergebly, en Hy het hulle genees (Matteus 21:14-16). Dit was in elk geval wat Hy wou doen, en dit was die rede waarom die hitte van sy woede soos 'n oond gebrand het. Sy verontwaardiging was op vreugde gemik. Hy het daarin geslaag — die kinders het uiteindelik "Hosanna!" gesing. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

Daar is 'n dinamiese, opstandingskrag binne-in jou. Evangelis, Reinhard Bonnke, het 'n paar kragtige leringe oor die Heilige Gees vir jou neergepen en het dinamiese Punte van Krag oor die Heilige Gees geskryf. Hierdie 7-...

More

Baie dankie aan "CfaN Christ For All Nations" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://shopus.cfan.org/collections/reinhard-bonnke/products/holy-spirit-are-we-flammable-or-fireproof-english

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid