Leesplan inligting

Heilige Gees: Is Ons Vlambaar of Brandbestand?Voorbeeld

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

DAG 2 VAN 7

Jesus is in die Heilige Gees Gedoop 


Alhoewel Jesus deur die Heilige Gees ontvang is, het Hy die doop van die Gees nodig gehad toe Hy met sy bediening begin het. Net soos Johannes die Doper, is Jesus in die Jordaan gedoop en het 'n tweede doop ook plaasgevind. Tydens sy doop, het die Gees van God soos 'n duif op Hom neergedaal, nie soos 'n vuurvlam nie, want daar was niks om in Jesus te brand nie.



Jesus is die groot voorbeeld vir Christene en Hy is in die Heilige Gees gedoop. Die evangelies van Matteus, Markus en Lukas teken almal dieselfde gebeurtenis aan. Die vierde evangelie, Johannes, gee egter meer besonderhede. Johannes die Doper, Jesus se voorloper, het verklaar: “Ek het duidelik die Gees soos 'n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly.” (Johannes 1:32). Jesus verduidelik dit so: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het ...” (Lukas 4:18). Petrus, in Handelinge 10:38, vertel: “Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het.” Johannes die Doper het 'n opwindende ding gesê. “Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop'" (Johannes 1:33).



Christus het 'n menslike ervaring van God gehad om te wys wat die volmaakte menslike ervaring behoort te wees. Hy was die eerste van die menigtes. Hy was die eerste Heilige Gees-gedoopte man op aarde. Johannes 3:34 getuig: “want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.” Johannes 1:16 verklaar: “Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.” Dit is die wonderlikste waarheid — wat Hy ontvang het is vir ons. Hy is vir ons gevul, en uit sy oneindige volheid is ons gevul.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

Daar is 'n dinamiese, opstandingskrag binne-in jou. Evangelis, Reinhard Bonnke, het 'n paar kragtige leringe oor die Heilige Gees vir jou neergepen en het dinamiese Punte van Krag oor die Heilige Gees geskryf. Hierdie 7-...

More

Baie dankie aan "CfaN Christ For All Nations" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://shopus.cfan.org/collections/reinhard-bonnke/products/holy-spirit-are-we-flammable-or-fireproof-english

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid