Leesplan inligting

Heilige Gees: Is Ons Vlambaar of Brandbestand?Voorbeeld

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

DAG 4 VAN 7

Dit Is Vir Almal


Die Heilige Gees word nie deur 'n lotery uitgedeel, met net 'n paar mense wat gekies word om dit te ontvang nie. Dit is nie 'n gelukspel nie. Daar is geen wenners of verloorders nie. Diegene wat na God roep, rus Hy toe. Daar is meer as genoeg krag vir almal. Niemand word uitgesluit nie, en niemand kry oorskiet nie. Moenie jouself diskwalifiseer as jy reeds aanvaar is nie.



Die Skrif is duidelik en sonder enige vaagheid. Die doop in die Heilige Gees is nie net vir 'n paar van "God se gunstelinge" nie. Nee, God het geen "gunstelinge" nie. Trouens, ons is almal sy gunstelinge. Op Pinksterdag was 120 mans en vroue in die bovertrek in Jerusalem, en ons lees in Handelinge 2:3 en 4: “Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul ...” Dit was geen toeval nie en GEEN LOTERY NIE! "Elkeen" van die 120 het ontvang en "almal" is vervul. Hulle geslag was nie 'n oorweging nie, ook nie hul ouderdom of ras of status in die lewe nie. 



Iemand in die hemel moes die koppe getel het, aangesien een vlam “op elkeen van hulle geland het”. As jy 'n kop het, het God 'n vlam vir jou. Op die oomblik sluit sy telling jou ook in. “Jy sal krag ontvang ...” (Handelinge 1:8). Stel jou net voor, jou kop word 'n landingstrook vir die vuur van die Heilige Gees. Hy land en bly daar – om nooit weer op te styg nie.



Elkeen van die 120 in die bovertrek het op Pinksterdag die doop van die Heilige Gees ontvang. Niemand is uitgelaat nie. Dit was nie net vir die 12 apostels wat ons ken of dié wat saam met Jesus gewandel het nie. Daar was naamloses wat dit ook ontvang het. Hulle was dalk nie beroemd nie, maar hulle was getrou. Hulle het in die bovertrek opgedaag en gewag vir die belofte. Die Heilige Gees het op almal gekom, en 'n vuurvlam het bo-op almal se koppe geland — 120 vlamme vir 120 getroues. As jy opdaag, sal jy 'n vlam van krag hê vir jou opdrag.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

Daar is 'n dinamiese, opstandingskrag binne-in jou. Evangelis, Reinhard Bonnke, het 'n paar kragtige leringe oor die Heilige Gees vir jou neergepen en het dinamiese Punte van Krag oor die Heilige Gees geskryf. Hierdie 7-...

More

Baie dankie aan "CfaN Christ For All Nations" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://shopus.cfan.org/collections/reinhard-bonnke/products/holy-spirit-are-we-flammable-or-fireproof-english

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid