Leesplan inligting

Heilige Gees: Is Ons Vlambaar of Brandbestand?Voorbeeld

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

DAG 5 VAN 7

Ons is nie Self-onderhoudend nie  


Ons is ontwerp om van God se genade en krag afhanklik te wees. Sonder Hom kan ons niks doen nie (Johannes. 15:5). Ons genoegsaamheid kom van Hom af (2 Korintiërs 3:5). God plaas sy Gees in ons, want ons het Hom nodig om ons te vertroos, te lei en selfs te korrigeer. Hy aktiveer sy gawes en krag in ons omdat ons dit nodig het vir sy sending – geestelike toerusting vir 'n geestelike opdrag.



Ons word nie voorsien van 'n onderneming met 'n enkelbedrag van geestelike kapitaal en kragbronne wat ons onafhanklik maak nie. Ons is nie selfversorgende klein “christusse” nie. Ons ontvang ons volheid, oomblik na oomblik, "uit" Christus se volheid, soos die lote van 'n wingerdstok sap ontvang. Ons is nie self wingerdstokke wat 'n afsonderlike bestaan voer nie, maar in Hom is ons volkome (Kolossense 2:10).



Ons word nie geroep om die hele wêreld in te gaan met ons eie klein kragsentrale sodat mense sal dink hoe wonderlik ons is nie. Ons kan pronk met ons eie aantreklikheid en die vonke vir 'n uur laat spat; maar binnekort gaan ons persoonlike kragstasie sonder brandstof wees. Ons is nie kragopwekkers nie; ons is maar net geleiers van sy krag. Efesiërs 1:22 en 23 beskryf "... Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul." Hy moet ons vul en deur ons beweeg. Ons is kanale nie die bron nie. Jesus het verklaar: “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie” (Johannes 15:4).


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

Daar is 'n dinamiese, opstandingskrag binne-in jou. Evangelis, Reinhard Bonnke, het 'n paar kragtige leringe oor die Heilige Gees vir jou neergepen en het dinamiese Punte van Krag oor die Heilige Gees geskryf. Hierdie 7-...

More

Baie dankie aan "CfaN Christ For All Nations" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://shopus.cfan.org/collections/reinhard-bonnke/products/holy-spirit-are-we-flammable-or-fireproof-english

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid