Leesplan inligting

Heilige Gees: Is Ons Vlambaar of Brandbestand?Voorbeeld

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

DAG 1 VAN 7

Krag, die wese van die Christelike getuienis 


Ek het geskrik toe ek in Markus 16:8 lees dat die dissipels, voor Jesus se hemelvaart, nie geglo het nie. Dieselfde ongeloof word gevind in Markus 16:11. Dan, twee verse verder in vers 13, dieselfde vier woorde – "hulle het nie geglo nie". En weer in vers 14, dieselfde woorde – "hulle het nie geglo nie". Wat my die meeste verstom is die feit dat Jesus in die volgende vers, (vers 15), vir hierdie ongelowige en vreesbevange dissipels gesê het: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.” 



As ek daar was, gun my asseblief om dit te sê, sou ek van agter in Jesus se oor gefluister het: “Meester, Here, weet U nie dat die dissipels vir wie U sopas die sendingopdrag gegee het, 'n klomp ongelowiges is nie? Hulle sal dit nooit kan doen nie.” Ek dink Jesus sou omgedraai het, en met sy vinger voor sy lippe, stilweg vir my gesê het: “Bonnke, jy weet nie dat ek 'n geheim het nie.” 



Wat was die geheim? Ons lees in vers 20: “Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig, en die Here het met hulle saamgewerk en hulle prediking bekragtig deur die wondertekens wat daarop gevolg het.” Wat het tussen vers 14 en vers 20 gebeur? Handelinge hoofstuk 2 het gebeur. Die dissipels het uit hul swakheid beweeg na die krag om die opdrag uit te voer wat Jesus hulle gegee het: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld" (Handelinge 1:8). Op dieselfde manier kan ons uit ons swakheid beweeg en in sy oneindige krag instap. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Holy Spirit: Are We Flammable Or Fireproof?

Daar is 'n dinamiese, opstandingskrag binne-in jou. Evangelis, Reinhard Bonnke, het 'n paar kragtige leringe oor die Heilige Gees vir jou neergepen en het dinamiese Punte van Krag oor die Heilige Gees geskryf. Hierdie 7-...

More

Baie dankie aan "CfaN Christ For All Nations" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://shopus.cfan.org/collections/reinhard-bonnke/products/holy-spirit-are-we-flammable-or-fireproof-english

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid