Leesplan inligting

Oor Niks BekommerdVoorbeeld

Anxious For Nothing

DAG 7 VAN 7

Dalk het een van hierdie verhale vir jou uitgestaan. Of dalk is jou verhaal oor angs heeltemal anders. Nietemin, watter stryd jy ook al teen angs voer, dieselfde Gees wat Christus uit die dood opgewek het, leef ook in jou. Hy het jou nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie. 



Dit beteken nie as jy teen angs stry, dat jy nie genoeg geloof het nie. Dit beteken ook nie dat jy God nie genoeg vertrou nie. Trouens, wat as angs juis die ding is wat jou help en leer om op God staat te maak en Hom te vertrou? Kan angs juis die katalisator wees wat jou na God toe nadertrek? 



Angs word 'n gawe wanneer dit ons help om op God staat te maak. Dit beteken egter nie dat ons ophou om hulp te soek of te hoop nie. Wat dit wel beteken, is dat ons weet die nastreef van vrede is 'n proses. 



Is dit dus moontlik om regtig oor niks bekommerd te wees nie? Ja. Dit beteken nie daar sal nooit enigiets wees om oor angstig te wees nie. Tog, te danke aan Jesus, kan ons lewe deur oor niks bekommerd te wees nie, selfs wanneer daar iets is om oor angstig te wees — nie deur ons eie pogings nie, maar deur sy genade. Gaan lees gerus weer hierdie verse: 



"Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat 'n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is" (Filippense 4:6-7 NLV). 



Asem hierdie waarheid in. Ons is dikwels so op die woord "vrede" gefokus, maar dit sê: "vrede van God." Ware vrede is slegs in God se teenwoordigheid te vinde. Wat as die antwoord teen angs nie minder spanning nie, maar meer van God is? 



Om oor na te dink: Hoe kan ek meer dikwels die teenwoordigheid en vrede van God in my lewe innooi? 



Bid: Here, dankie vir u voortdurende teenwoordigheid. Ek kom vra vandag vir die vrede wat slegs U kan verskaf. Ek wil meer van U hê. Ek nooi U in elke area van my lewe in. Help my om vandag ten volle en heeltemal op U staat te maak. Ek gee aan U al my bekommernisse en vrese. Help my om sonder bekommernis te lewe, deur op U staat te maak. Ek vertrou U. Ek gee my alles aan U. In die naam van Jesus. Amen. 



As jy of iemand vir wie jy lief is, 'n stryd teen angs voer, is daar hulp en hoop beskikbaar. Leer wat angs is, hoe om dit te hanteer, en hoe om ander te help wat daarteen stry.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Anxious For Nothing

Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid