Leesplan inligting

Oor Niks BekommerdVoorbeeld

Anxious For Nothing

DAG 1 VAN 7

Op die Vlug 



Om met angstigheid te lewe voel baie soos om op die vlug te wees — behalwe dat jy op vlug van jou eie lewe is. Paniek laat jou bors toetrek terwyl jy desperaat probeer om na 'n veilige plek te ontsnap wat net buite bereik bly. Bekommernisse dwarrel so vinnig in jou kop rond dat jy sukkel om asem te haal en vrees wel in jou op wat jou besluitloos en in selfvertwyfeling laat. 



Klink dit bekend? Daar is voortdurende druk om nooit jou lewe tot stilstand te laat kom nie — e-posse hou nooit op nie, kennisgewings op ons selfone hoop op en onthou dat sosiale media ons kan verlei om onsself met ander te vergelyk. Hoe leef ons dus daarmee terwyl ons ook weet dat ons as Jesus se volgelinge, geroepe is om sonder bekommernis te lewe? 



Al te dikwels gaan ons gebuk onder skuldgevoelens omdat ons dink dat Christene nie veronderstel is om so te voel nie. 



Wat as ons tog kan ophou om van iets af weg te hardloop en eerder na Iemand toe te hardloop? 



Ons kan. Jy kan. Die belofte dat ons sonder bekommernis kan lewe is nie op wat ons kan doen gebaseer nie, maar op die teenwoordigheid van God. Gaan kyk gerus wat Filippense 4:6-7 (NLV) daaroor sê: 



"Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat 'n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is."



Op ons eie, is ons stryd teen angs hopeloos, maar saam met God? Ons het toegang tot sy teenwoordigheid wat vrede aan ons bied, ver bo ons begrip. 



Wat is selfs nog beter van daardie belofte? Dit is 'n voortdurende proses. In elke omstandigheid. Elke keer wat ons angstig voel, kan ons na God toe gaan om sy vrede te ervaar, want vrede is 'n neweproduk van God se teenwoordigheid. 



Angs sal nie dikwels onmiddellik verdwyn nie. Dit is 'n oomblik-vir-oomblik, voortdurende proses van soeke na sy teenwoordigheid. Gedurende die volgende paar dae sal ons verhale van gewone mense deel wat teen angs gestry het en van dit wat hulle in die proses geleer het. 



Wil jy meer van Anxious for Nothing leer? Kyk gerus na die meegaande boodskapreeks oor meer vrede. 



*Indien jy met 'n angsversteuring sukkel is dit noodsaaklik dat jy die hulp soek wat jy nodig het. Indien jy dink dat jy aan 'n angsversteuring ly, moet jy jou geneesheer raadpleeg. Om hulp te soek maak nie van jou 'n swakkeling nie, dit maak van jou 'n wyse mens.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Anxious For Nothing

Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid