Leesplan inligting

Oor Niks BekommerdVoorbeeld

Anxious For Nothing

DAG 3 VAN 7

Is vrede vandag werklik moontlik? Cheri het 11 jaar gelede ondersoek daarna begin instel. Sy het mettertyd die volgende ontdek: 



Ek onthou dit baie goed. Die dag wat ek besluit het dat ek nie langer so kan aangaan nie.



Hier staan ek, 'n ten volle toegewyde volgeling van Christus, wat maar soos elke ander een op die lewe reageer. Ek het in vrees en bekommernis geleef, terwyl ek geweet het dat dit nie so moet wees nie! Ek lees gereeld in die Woord van God om nie bang en oor niks bekommerd te wees nie. Dit klink egter onmoontlik!



God praat baie in die Bybel van vrees en die teenmiddel: vrede. By een geleentheid het Jesus en sy dissipels die See van Galilea in 'n boot oorgesteek toe 'n woeste storm gedreig het om die bootjie te laat sink. Almal het gespartel om die boot drywend te hou, maar wat het Jesus gedoen? Hy was vas aan die slaap! Te midde van die storm.



Die dissipels het Hom gevra: "Leermeester, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?" Jesus het opgestaan, die stormwind ernstig aangespreek en daar het 'n groot rustigheid gekom. Hy vra toe vir hulle: "Hoekom is julle so verskrik? Vertrou julle My nog steeds nie?" (Markus 4:40 NLV)



Dit som ook my gesprekke met God op. Ek kon aanvoel dat Hy my vra hoekom ek bang is en ek het geantwoord: "Is dit nie duidelik nie? Kyk na my omstandighede! Wie sou nie of kon nie beangs wees nie?"



In my soeke na vrede het 'n paar dinge glashelder geword.



  1. My omstandighede het my vlak van vrede bepaal. As my lewensomstandighede goed was, het ek vrede gehad. As storms om my gewoed het, was ek angstig, bang en die hele tyd moeg — uitgeput weens my emosies. Ek was presies soos die dissipels gedurende die storm. Ek was bang vir die storm, seergemaak, en verward omdat ek gedink het dat God nie omgee nie. Jesus het my egter by my volgende punt gebring.


  2. Jesus het my probeer leer dat vrede moontlik is, ongeag die storm. Kan jy jou met hierdie stryd vereenselwig? Dit is nie maklik nie, nè? Ek het nog geworstel om te verstaan hoe Jesus kon verwag dat ek vrede te midde van die storm kon ervaar, terwyl ek wonder of Hy regtig omgee, toe ek my volgende deurbraakpunt besef. 


  3. My storms het my vlak van vertroue openbaar. Die ervaring van vrede beteken nie dat alles in jou lewe reg verloop nie. Dit beteken wel dat jy vrede kan ervaar wanneer storms jou lewe skud. Ek het nog nie geleer om God te vertrou en vrede te vind gedurende daardie storms nie. Het jy al jou kop teen daardie muur gestamp?


Dit was duidelik dat daar in my ruimte was vir groei. Ek leer egter dat die pad na vrede te vinde is deur vertroue en om jou gedagtes te vestig op die Een wat nooit deur storms ontwrig word nie. Dit het nie oornag gebeur nie, maar bietjie-vir-bietjie het meer vrede en rus my moeë, afgematte siel vernuwe. 



-Cheri  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Anxious For Nothing

Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid