Leesplan inligting

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Envy a Six-Day Reading Plan by Anna Light

DAG 5 VAN 6

Dag 5 — Die Bron van Afguns 


Op 'n lentedag het ek saam met my sesjarige dogter in die woud gaan stap. Ons was so opgewonde dat dit uiteindelik warm genoeg was om buite te kon wees, dat ons dit terdeë geniet het. Sy kon daarna nie uitgepraat raak oor hoe lief sy vir die natuur is nie. “Ek is 'n nou natuurliefhebber,” het sy gesê, waarop ek net geglimlag het, wetende dat sy van plan gaan verander sodra Durban se humiditeit gaan toeneem. “Ek is 'n natuurliefhebber, en ek is die enigste een!” Daardie sin het my geraak. Ek was verras dat sy op die ouderdom van ses jaar, alreeds nie wou gehad het iemand anders moet wees wat sy is, of dieselfde belangstellings as sy moet hê nie. “Daar is tog baie natuur vir almal om te geniet,” het ek vir haar gesê. 


As ons eerlik is, is ons almal 'n bietjie so. Ons wil almal spesiaal wees — uitstaan — en kan moontlik bedreig voel as iemand anders dalk ons plek inneem. Hoe meer ek daaroor nagedink het, het ek dit geëien as 'n "skaarste" denkwyse. 


Dit kan moeilik wees vir ons beperkte gedagtes om die oorvloed wat in Christus beskikbaar is te verstaan. Ons vrees dat ons "seëninge" of voorspoed sal opraak, of dat God miskien van ons sal vergeet. Ons wil raakgesien word, erkenning kry, gevier word. Tog wanneer ons sien hoe ander geseën word, maak dit afguns in ons wakker en ons wonder of God ons ooit werklik liefhet. 


Afguns is nie eintlik afkomstig van die minagting van iemand anders se seëninge nie. Dit is die vrug van afguns. Ek is seker daarvan dat die ware bron van afguns wantroue in God is. 


Ek kan afguns naspoor tot by teleurstelling en selfs kwaad teenoor God. Dis nie dat ek gefrustreerd is dat ander goed het en ek nie. Ek voel gefrustreerd want God gee nie vir my wat ek dink ek verdien nie — of dit lyk nie so nie. As ek werklik eerlik kan wees, vertrou ek nie dat Hy weet wat die beste vir my is nie. 


Is Hy nie veronderstel om 'n goeie God te wees nie? Wantroue in God kom daarvan om Hom en wie Hy is, nie te erken nie, om nie te onthou wat sy ware karakter is nie. Hy is oneindig goed. Hy belowe dat alles vir ons ten goede sal meewerk, maar sy goedheid kan nie gemeet word aan wat ons wil hê nie. Dis nie wyse ouerskap nie. Dis baie belangrik om te onthou Hy is liefde, dus moet alles wat Hy doen deur daardie lens beskou word.


Hy gee ook in oorvloed. Psalms sê “al die diere in die bos is Myne,” wat beteken alles behoort aan Hom en Hy sal altyd in oorvloed hê. Glo ons dit? Kan ons vertrou dat Hy na die groter prentjie kyk en dat daar dinge van ons lewens is wat ons nog nie verstaan nie? Kan dit moontlik wees dat wat Hy vir ons beplan het soveel meer is as wat ons kan bid of dink? Het ons genoeg geloof om dit te glo? Ek het al vantevore gehoor: "Jy kan God glo, of jy kan verstaan, maar selde albei tesame.” 


Is God genoeg vir ons?


Jy gaan die plek van rus, waar God genoeg is, vind wanneer jy sy ware aard ken. Deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring is hoe jy Hom leer ken. Soos wat Brennan Manning sê: “Jy sal God net soveel vertrou soos wat jy Hom liefhet. Jy sal Hom net soveel liefhê soos wat jy Hom aanraak, eerder as hoeveel Hy jou aanraak.” 


Dis waar ons leer dat God nie dinge van ons weerhou of ons straf nie. Hy is 'n goeie Vader en Hy wil sy kinders seën. Alhoewel dit anders kan lyk as wat ons verwag. Ons moet toelaat dat ons gevoelens van afguns, twyfel, kwaad en frustrasie ons nader aan Hom laat beweeg, eerder as om ons af te stoot, dan sal ons besef dat Hy groter planne vir ons het as wat ons kan bid of dink. Ons hoop is dan nie in wat ons wil hê nie. Ons hoop is om midde-in God se hart te wees, die plek van ware vervulling.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Envy a Six-Day Reading Plan by Anna Light

Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maa...

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid