Leesplan inligting

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Envy a Six-Day Reading Plan by Anna Light

DAG 2 VAN 6

Dag 2 — Die Geskiedenis van Afguns


Afguns bestaan nou al vir baie lank. Eintlik, al voor alle tye. Dit was afguns wat die Satan uit die hemel laat val het. Hy het sy eie beeld gesien en was gevul met selfsugtige trots en hy wou meer hê — die hoogste plek, die plek van eer en heerlikheid wat slegs aan God behoort. Onthou die definisie van afguns? Die gevoel van ontevredenheid of gebelgde verlange wat gewek word deur iemand anders se besittings, eienskappe of geluk.


'n Mens kan sê dit was afguns wat Adam en Eva gedryf het om in die tuin van Eden te sondig, aangespoor deur die Satan self, en te glo dat God nie vir hulle alles gee nie. Deur te eet van die boom van goed en kwaad sou beteken dat hulle soos God sou word. God het gesê hulle moenie daarvan eet nie ... wat steek Hy dan weg? Toe vat Adam en Eva iets wat hul gevoel het hulle verdien. 


'n Paar jaar later sien ons Kain se stryd met afguns teenoor sy broer Abel. Die Here het Abel en sy offer aangeneem, maar nie Kain en sy offer nie. Kain was so kwaad en bedruk dat dit hom tot moord gedryf het. 


Saul se afguns teenoor Dawid het hom tot waansin gedryf. (1 Samuel 18) 


Afguns het Jesus na die kruis gestuur. (Markus 15)


Afguns is nie 'n klein sondetjie waarteen ons stry nie. Dit word as een van die sewe dodelike sondes beskryf en is dus nie iets wat ons net kan afskud en dink dit is outyds en affekteer ons nie meer deesdae nie. Soveel van die negatiewe emosies waarmee jy sukkel, is in afguns gevestig. Toe ek dit eers besef het, kon ek makliker stry vir die vrede wat ek geweet het beskikbaar is.


As 'n skrywer was dit altyd vir my moeilik om waardering vir ander skrywers te hê, want ek het altyd deur hulle sukses bedreig gevoel, so asof hulle gawes myne verklein het. Ek kon nie waardering of bewondering vir iemand anders se gawes koester nie. Ek is seker jy het ook al iets soortgelyks beleef. Jy sien of hoor van iemand wat 'n doelwit bereik en in plaas daarvan om met positiwiteit en seën te reageer, is jou eerste reaksie ontkenning, kritiek of beskuldiging. Jy wil dalk gelukkig wees vir hulle, maar jou vlees wil gate boor of die persoon of situasie kritiseer om hulle terug te bring aarde toe. 


Dit is veral 'n versoeking om so te reageer as hulle sukses iets is wat jy self wou gehad het. Afguns weerhou ons daarvan om met seënwense en viering te reageer, en ons gee eerder 'n stekie uit ons eie suur bitterheid. Ons kan dit dalk goed wegsteek (of ons dink so), maar die gevoel is steeds daar en veroorsaak pyn en skade in ons binneste. 


Vandag is afguns een van die gevaarlikste strategieë van die vyand, want dit het 'n ingeburgerde deel van ons denke geword. Ons besef dalk nie eens die skade wat dit aanrig nie, want ons wil nie erken dat ons daarmee worstel nie. Selfs nou is jy dalk besig om aanmanings van die Heilige Gees te ignoreer, want jy probeer jouself oortuig dat jy nie so erg met afguns stry nie. Ons dink as ons dit wegsteek sal dit verbygaan, maar dis presies die teenoorgestelde, hoe meer ons dit wegsteek hoe dieper groei dit en dra vrugte soos gegriefdheid, woede, trots, depressie en angs. 


Dit is noodsaaklik dat ons begin verstaan hoe afguns ons gees binnekom, om ons harte daarteen te beskerm en vryheid te kan vind. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Envy a Six-Day Reading Plan by Anna Light

Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maa...

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid