Leesplan inligting

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Envy a Six-Day Reading Plan by Anna Light

DAG 4 VAN 6

Dag 4 — Afguns van Buite


Soos ek op Dag 1 genoem het, vind die skade wat afguns aanrig op twee maniere plaas. Ons ken die skade wat dit aanrig wanneer dit in ons eie harte broei. Wat van die skade wat dit aanrig wanneer dit teen jou van iemand anders afkom? 


Ons kultuur van sosiale media is 'n bron van afguns. As jy nie versigtig is en jou hart beskerm wanneer jy deur ander mense se lewens blaai nie, is daar 'n groot kans dat jy in ontevredenheid oor jou eie lewe kan verval. Studies het bewys dat een in drie mense slegter voel nadat hulle op sosiale media was, en dit is veral waar vir tieners in die ouderdomsgroep van 12-18. Ek dink die rede is: 


Ons sien ander se lewens wat gelukkiger lyk as ons s'n — hulle sukses, talente en besittings — dit kan lei tot die gevoel van afguns, hierdie gevoel kan mense lei om inligting te deel wat hulle lewe meer positief weerspieël as wat dit werklik is, en so ontstaan die bose kringloop. 


Let op met wie jy jou seëninge deel. Ek hou van John Eldredge se verduideliking: “Dit is nie dat ander wat afgunstig is jou skade toewens nie, maar dit maak die deur oop vir die een wat jou skade wil aandoen.”


Ons lewe in 'n geestelike oorlog en as ons nie versigtig is nie, sal ons vyand enigiets wat hy kan gebruik om ons te vernietig, al is dit om ons teen mekaar te gebruik. Jou gevoelens van afguns teenoor iemand anders kan skade aan hulle harte aanrig, net soos wat ander se afguns teenoor jou skade aan jou hart en siel aanrig. 


Ons almal was al aan albei kante van die vergelyking, miskien sonder om dit te besef. Ons moes al die aftakelende gevoel van afguns teenoor ander hanteer en ons het al skadelike afguns ontvang vanaf ander. Daar is 'n paar kenmerke wat uitstaan om te wys dat jy besig is om die gevoel van afguns teenoor jou te beleef. Afguns kan aangevoel word in die energie wat jy ervaar wanneer jy met ander verkeer. Dit is 'n gees wat vrygelaat word wanneer ons oorgee aan gedagtes soos: "Dis onregverdig". "Wie dink hulle is hulle?" "Hoekom kry hulle al die seëninge?" "Hoekom gebeur dit nie vir my nie?"


Ons almal het al hierdie gedagtes gehad, maar het jy al gedink dat iemand anders hierdie gedagtes oor jou ook het? 


Hoe weet jy wanneer die gees van afguns teen jou kom? Hier is 'n paar kenmerke:


1. Het jy 'n afname beleef in die geluk wat jy geniet van God se seëninge in jou lewe? Afguns is 'n vernietigende dief. Hierdie gees van afguns in jou lewe kan die geluk steel wat jy veronderstel is om te beleef.


2. Het jy 'n afwyking van belangstelling beleef in areas wat jou interesseer of in jou gawes?


Ek is lief vir skryf. Ek is gebore met die gawe en liefde vir woorde, maar namate ek my skrywes begin deel het, het ek belangstelling begin verloor, geïrriteerd geraak en wou net opgee. Kan dit wees dat soos ek my gawe begin deel het, die gees van afguns my begeerte kom vernietig om te doen wat vir my geluk bring? 


Wat van jou? Wat geniet jy om te doen? Dit wat jy voel is jou unieke gawe van God? Het jy belangstelling daarin verloor? Het jy die leuen begin glo dat dit nie die moeite werd is om dit te deel, na te streef of te doen vir pure geluk nie? Ek veroordeel nie mense wat afguns beleef nie. Ons almal beleef dit. Ek veroordeel die duiwel self, wat ander se emosies sal gebruik om 'n deur oop te maak vir die gees van afguns om ons drome, begeertes en roepings te kom vernietig. 


Ons word gevoed deur mekaar se energie. Dikwels is die twyfel wat jy in jouself voel, die negatiewe energie van ander se intimidasie oor jou potensiaal. So word die gees van verkleinering, afkomstig van die gees van afguns, gevestig in jou hart en hou jou terug. Dit is tyd dat ons wakker word en sien hoe die vyand ons teen mekaar gebruik om ons invloed te verminder.


Ons bid dat die liefde van Christus tussen ons en almal met wie ons in aanraking kom sal kom, sodat ons kan gesond word en ons harte beskerm teen die afguns van ander. Net sy liefde kan afguns wegneem. Wys daardie liefde aan almal met wie jy in aanraking kom en die gees van afguns sal nie in jou siel kan kom nie.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Envy a Six-Day Reading Plan by Anna Light

Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maa...

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid