Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Gesprekke met GodVoorbeeld

Living Changed: Conversations With God

DAG 7 VAN 7

Begin Die Gesprek



Jy voel dalk nog steeds oorweldig deur die feit dat jy met God praat, maar daar is geen regte of verkeerde manier om te bid nie. Dit hoef nie 'n formele oggendgebed te wees of iets wat voor elke ete gebeur nie. Dit hoef nie volmaak bewoord te wees nie, en jy hoef nie elke besonderheid te onthou om dit geldig te maak nie.



Gebed kan so eenvoudig wees soos 'n reeks kort gesprekke dwarsdeur die dag, net soos jy 'n boodskap na jou man, vrou of beste vriend of vriendin sal stuur. Hou Hom op hoogte, vra sy mening en sê vir Hom hoe jy voel. Onthou dat Hy net 'n opregte verhouding met jou wil hê. 



Hier is 'n paar voorbeelde van hoe jy die gesprek aan die gang kan sit:



Hemelse Vader, ek het vandag nie met U gesels nie en wil net sê wat als gebeur het …



Hemelse Vader, ek wil vir U vertel waarvoor ek dankbaar is …



Hemelse Vader, ek het 'n baie moeilike dag gehad. Ek voel …



Hemelse Vader, ek luister. Wat wil U vir my sê?



Hemelse Vader, ek weet ek kan dit nie sonder U doen nie, dus vra ek … 



Hemelse Vader, ek weet dat U weet wat ek wil hê, maar ek vertrou U met …



Wanneer ons bid wil God hê dat ons gemaklik moet voel om alles vir Hom te vertel. Hy ken ons reeds ten volle, dus kan ons eerlik wees met Hom. 



Die Psalms wat deur Dawid geskryf is, is goeie voorbeelde van hoe om met absolute kwesbaarheid te bid. Hy roep in benoudheid uit na die Here en hy prys Hom met pragtige poësie. Hy stort sy siel uit en steek niks weg nie. Dawid was nie volmaak nie, maar hy het sy hele lewe lank op God gesteun en as gevolg daarvan is hy bekend as 'n man na God se hart. Kom ons volg Dawid se voorbeeld. Kom ons wees mense wat op God staatmaak. 



Al voel dit vreemd en al voel jy huiwerig, begin net. Na 'n rukkie sal jy die punt bereik waar jy sy krag en doel in jou daaglikse lewe herken. Gebed sal so maklik word asof jy met jou beste vriend of vriendin gesels. Jy sal uiteindelik jou lewe 'n gebed kan maak.



Aksieplan: Skryf die geselspunte hier bo neer en voeg jou eie by die lys. Plak dit iewers op waar jy dit sal raaksien en tree ten minste vyf minute elke dag in gesprek met God.



Ons bid dat God hierdie leesplan sal gebruik om in jou hart te spreek.
Verken ander Veranderde Lewe Leesplanne
Vind meer uit oor "Changed Women's Ministries"


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Conversations With God

Baie mense wil 'n nouer verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God bet...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid