Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Gesprekke met GodVoorbeeld

Living Changed: Conversations With God

DAG 6 VAN 7

Begeer Sy Wil



Wanneer ons bid, verlang God dat ons vir dinge vra wat ons wil hê. Maar uiteindelik behoort ons te verlang wat Hy vir ons wil hê. 



Baie kere fokus ons net op ons klein legkaart stukkie. Vanaf sy hemelse troon kan Hy die groter beeld van ons lewens sien en hoe ons almal inmekaar pas in die groter verhaal. Hy is 'n goeie Vader wat mildelik liefde, genade en barmhartigheid aan ons gee en ons kan vertrou dat Hy iets beter vir ons in gedagte het as wat ons ooit kan dink.



Dit herinner my aan jare gelede toe my seun saam met my winkel toe was en geskok was oor die week se kospryse. Ek het aan hom verduidelik dat dit die rede was hoekom ek soms moes nee sê as hy 'n speelding gevra het. Nie omdat ek dit nie vir hom wou gee nie, maar omdat ek die groter prentjie van ons finansies in gedagte gehad het en dat hy kos, klere en 'n huis meer nodig gehad het as 'n speelding. 



Net so mag ons dalk verlang dat 'n verhouding met 'n kêrel uitwerk, of ons wil 'n bevordering by die werk hê. Maar soms kan 'n kortstondige liefdesteleurstelling 'n groter hartseer in die toekoms voorkom. Soms snoei God ons omdat Hy iets beter in gedagte het. As ons deur hierdie oomblikke van gebrokenheid en pyn druk, sal ons die doel daarvan vind. 



Wanneer ons bid behoort ons vir God te vra wat ons wil hê, maar net as dit die beste is wat Hy vir ons beplan het, want ons kan nie die bloudruk sien nie. Jesus gee vir ons die beste voorbeeld hoe om tot God te bid. As 'n fisieke mens wou Hy nie 'n pynlike dood aan die kruis sterf nie, maar Hy het in die groter plan van verlossing geglo en gebid: "Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil."



Ek weet dit is moeilik om iemand te vertrou wat jy nie ken nie, maar daar is beloftes in die Woord van God dat Hy regverdig, genadig, liefdevol en vriendelik is en dat Hy voorsien. Soos ons Hom beter leer ken, leer ons om ons toekoms aan Hom toe te vertrou. Wanneer ons ons wil aan sy volmaakte wil onderwerp, raak ons meer afhanklik van Hom en verdiep ons verhouding met Hom.



Aksieplan: Wanneer jy vandag bid, vra vir God wat Hy vir jou toekoms in gedagte het. Sê vir Hom wat jy wil hê, maar vra vir Hom om jou te help om te wil hê wat Hy vir jou wil hê. Let op hoe hierdie uitkyk jy gebede verander.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Conversations With God

Baie mense wil 'n nouer verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God bet...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid