Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Gesprekke met GodVoorbeeld

Living Changed: Conversations With God

DAG 3 VAN 7

Openhartige gesprek



Ons gebede hoef nie welsprekend te wees nie. Dit kan woorde van frustasie, woede, bekommernis, vrees, hartseer en gebrokenheid wees. God kan al ons gevoelens hanteer. 



Soms is ons bang om ons diepste gevoelens aan God te openbaar, maar ons kan nie vir Hom wegkruip nie. Hy weet wat in ons harte aangaan en Hy is nogtans lief vir ons. Ons gebede kan Hom nie ontstel, skok of oorweldig nie. Hy is onwankelbaar.



Hy wil graag hê dat ons meer as perfekte gebede met mooi woorde aan Hom bid. Hy wil alles van ons hê — die goeie, die slegte en die lelike goed — want as ons dit alles vir Hom gee, laat ons toe dat Hy die las van ons af neem. Net soos Jesus ons sonde en skuld aan die kruis gedra het, wil Hy ons alledaagse laste dra sodat ons dit nie hoef te doen nie.



In daardie oomblikke wanneer ons so baie pyn verduur dat ons nie eens die woorde het om dit te omskryf nie, verstaan God ons. Die apostel Paulus skryf: "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by." Hy treur saam met ons en Hy veg namens ons. Ons kan God met ons harte vertrou.



My ouma was 'n groot kommervraat, maar haar Bybel was "opgelees" toe sy op die ouderdom van 87 oorlede is. Die manier waarop sy gedurig met God gepraat het, was inspirerend. Sy het nie vir die dood sit en wag nie, sy het in gebed gewag. Sy het geweet dat God die enigste een was na wie sy haar kommer kon neem.



In die tuin van Getsemane het selfs Jesus oorweldig gevoel en vir sy naaste vriende gesê dat Hy moes gaan bid. Toe die enigste volmaakte man wat ooit geleef het uiterste droefheid ervaar het, het Hy geweet wat om daarmee te doen. Hy het dit in gebed na sy hemelse Vader toe gevat. 



Jesus het vir ons gewys dat dit in orde is om hartseer, bang of seergemaak te voel. Wees egter versigtig om jou hart nie teenoor almal, behalwe God, oop te maak nie. Gee dit vir die een wat iets daaraan kan doen. In ruil daarvoor sal Hy vir jou vrede gee. 



Doen: Praat openhartig met God. As jy onseker is waar om te begin, vra Hom om vir jou te wys waar jy skanse bou en nooi Hom om dit af te breek. Vertel vir God presies hoe jy voel. Dis in orde om te skree, en dis in orde om te huil. Wanneer jy alles uitgestort het, vra Hom om die leemte met sy volmaakte vrede te vul. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Conversations With God

Baie mense wil 'n nouer verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God bet...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid