Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Gesprekke met GodVoorbeeld

Living Changed: Conversations With God

DAG 5 VAN 7

Gewaagde Gebede



Die meeste mense sal vir jou kan sê waarvoor hulle sal wens as hulle drie wense het. Maar vir een of ander rede vra ons nie vir groot goed in gebede nie. 



God is nie 'n towergees in 'n lampie om vir ons presies te gee wat ons wil hê, of wanneer ons dit wil hê nie. Hy antwoord egter gewaagde gebede. Hy het die Rooi See in twee gedeel, die son laat stilstaan en die dooies opgewek. Regdeur die Bybel is daar bewyse dat God wonderwerke verrig, maar ons lewe nie asof ons weet ons kan daarvoor vra nie.



Soms vra ons nie omdat ons bang is om teleurgestel te word. Of as ons nie dadelik resultate sien nie, hou ons op om te vra. Maar soms vra ons nie omdat ons nie die beheer wil oorgee en erken dat ons dit nie self kan doen nie.



Die waarheid is dat ons nie wonderwerke kan herken as dit gebeur nie, omdat ons nie gewaagde gebede bid nie. As ons nie groot dinge in geloof vra nie, kan God nie die eer kry as dit gebeur nie. 



Hy verrig elke dag klein en groot wonderwerke. Sodra ons sy aksies begin herken, kan ons terugkyk oor ons lewens en God se getrouheid raaksien. As ons gewaagde gebede bid is ons in staat om God as 'n magtige Vader te sien wat vir ons goeie dinge wil gee.



Ons berge word egter nie altyd verskuif nie. En dis nie omdat ons nie daarvoor gevra het of genoeg daarin glo nie. Soms kies God om op ander maniere te werk, wat ons nie verstaan of verwag nie.



My familie het gevra en geglo dat my skoonsuster gesond word en ons was verpletter toe sy sterf. Maar ons het vergeet dat God haar wel gesond gemaak het. Nie op die manier wat ons wou hê nie, maar hoe Hy dit verkies het. Hy het haar "huis toe" gevat en haar volkome genees, nie net gedeeltelik of tydelik nie. 



Soms skuif God 'n berg 'n sentimeter per dag en soms 'n meter in 'n oomblik. Ons kan nie oor die tyd en uitkoms besluit nie, maar ons kan kies om op sy goedheid en getrouheid te vertrou. Ons kan aanhou om in geloof te vra en te glo dat Hy ons gewaagde gebede sal beantwoord. 



Aksieplan: Vra vir God om vir jou iets te wys wat jy graag wil hê maar nie sonder sy hulp kan kry nie. Moenie bang wees om spesifiek te wees en vir die skynbaar onmoontlike te vra nie. Begin gereeld daarvoor te bid en wag vir God se reaksie.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Conversations With God

Baie mense wil 'n nouer verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God bet...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid