Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Gesprekke met GodVoorbeeld

Living Changed: Conversations With God

DAG 4 VAN 7

Luister



Gebed is nie net om met God te praat nie. Dit beteken ook dat jy in stilte moet sit en luister. Daar is so baie geraas in die wêreld en dit kan jou ontsenu as alles stil raak. As ons God se stem wil hoor moet ons leer hoe om die stilte te geniet. 



Stilte is egter nie net sit en niks doen nie — dis 'n aktiwiteit. Dit verg 'n doelbewuste besluit om ingestel te wees op die een wat praat. Jy weet wat ek bedoel, as jy al ooit so gefokus was dat jy nie gehoor het wat die persoon langs jou sê nie. Ons kan so vasgevang word in wat ons vir God sê, dat ons vergeet om te luister wat Hy vir ons wil sê.



God praat deurentyd. Hy praat deur middel van films, die natuur en boodskappe van vriende. Wanneer dit voel of die predikant direk met jou praat, of jy kry 'n openbaring wanneer jy jou ou joernaal lees, is dit God wat met jou praat. Hy kan enige manier gebruik. 



Gelukkig kan ons 'n toets doen om seker te wees dat wat ons hoor van God af kom. As dit in ooreenstemming met God se karakter is en wat Hy in die Bybel sê, is dit tien teen een Hy. Wanneer ons negatiewe selfgesprekke of leuens van die wêreld hoor, wat nie in ooreenstemming met die Skrif is nie, kan ons dit in die wind slaan en weet dat dit nie van God af kom nie. 



Soms hoor ons niks as ons luister nie. Dit beteken nie dat God nie praat nie. Dit kan beteken dat Hy besig is om ons harte voor te berei of om ons iets te leer terwyl ons wag. Dalk fokus ons op die verkeerde dinge of weet net nie hoe om sy stem te herken nie.



Dit verg oefening om God se sagte, fluisterstem te hoor. Hoe meer bekend jy raak met sy karakter en sy Woord, hoe makliker sal dit word om te weet wanneer Hy praat. Moenie moed verloor tydens die proses nie. God is bly as jy probeer. Hou aan luister vir sy fluisterstem, al is die stilte ongemaklik.



Aksieplan: Gebruik vandag 10 minute om neer te skryf waaroor jy bid. As jy vrae het, vra dit vir God en vra vir Hom om vir jou die antwoorde te gee. As jy aan niks kan dink nie, vra net: "Sien U my?" Skryf neer wat jy dink, hoe jy voel en wat in jou hart aangaan. Bedink dan alles wat jy neergeskryf het en bepaal of dit ooreenstem met wie God is en wat die Bybel sê.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Conversations With God

Baie mense wil 'n nouer verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God bet...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid