Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 7 VAN 7

Begin Nuut


Van Leanna, getroud met Zach vir minder as 'n jaar


Nadat Zach en ek getroud is, het ons ons verlustig in die opgewondenheid van om pas getroud te wees: ons eerste nag as getroude paartjie, ons eerste reis, ons eerste groot aankope. Ons het selfs ons eerste argument as getroudes bietjie geniet.


Na 'n paar maande het die nuutheid van ons getroude lewe begin kwyn. Ons het gaan werk, ons het huis toe gekom, ons het aandete geniet, ons het na 'n TV program gekyk, ons het bed toe gegaan en die volgende oggend die hele proses oor begin.


Ons het besef dat ons nuut moes begin en dit 'n prioriteit gemaak om in ons huwelik te belê. Dus het ons ons daartoe verbind om oordenkings, soos hierdie, saam te lees. Een van die oordenkings het ons aangemoedig om mekaar die hof te maak, soos toe ons net begin uitgaan het. Voordat ek die huis die volgende oggend verlaat het, het ek bemoedigende woorde op kleefnotas geskryf en oral deur die huis geplak.


Hierdie notas het Zack nie net geliefd laat voel nie, hulle het hom ook aangemoedig. Ek het tuis gekom en uitgevind dat hy 'n afspraak-aand beplan het. Ek was so lighoofdig dat jy sou dink dat hy my vir die eerste keer uitneem.


As jy in 'n groef vasgevang voel, probeer iets nuuts! Laat jou eggenoot weet dat hulle geliefd is. Want liefde is nie net 'n daad of 'n gevoel nie. Dit is 'n doelbewuste keuse.


Van Zach, getroud met Leanna vir minder as 'n jaar. 


Die eerste ses maande van ons huwelik het op sosiale media na pret gelyk, maar in der waarheid het ek en Leanna probleme ervaar wat ons nie verwag het nie. Ek het nie my droomwerk gekry nie, haar oupa is met kanker gediagnoseer, my oupa het onverwags gesterf en met besige programme het ons min tyd gekry om saam deur te bring.


Iets moes verander


Ons het besluit dat ons ons probleme saam gaan aanpak, in plaas daarvan om dit elkeen op ons eie te doen. Ons het begin om saam die Bybel te lees en te bid. Ons het gereelde afsprake met mekaar gemaak en oor ete indringend begin gesels.


Ons het nou 'n spreekwoord: "Ek het jou liewer as gister en minder as môre." Dit herinner ons dat ons huwelik elke dag nuut begin.


Wat jou verhoudingstatus met mekaar of God ook al is, dit is moontlik om soos pasgetroudes te wees en nuut te begin.


Vind meer inhoud oor alle soorte gesonde verhoudings.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Chur...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid