Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 3 VAN 7

Sending-gedrewe


Van Brian, vir meer as 17 jaar met Maureen getroud


Voordat ons die YouVersion-span gelei het, het ek en my vrou jare lank tyd oorsee deurgebring in inter-kulturele bedienings. Terwyl ons gedurende dié tyd 'n paar van ons grootste uitdagings moes hanteer, was dit tweede natuur vir ons om 'n gemeenskaplike doel te hê. Saam het ons nuwe tale aangeleer, gemeenskappe besoek en sommige van die lewe se basiese take aangepak, soos om kos te koop en te leer hoe om water en ligte in 'n ander land te laat werk. Dit was nie vir ons 'n opsie om ons lewens apart van mekaar te lei nie. Ons omstandighede het ons gedwing om van mekaar afhanklik te wees en mekaar te help.


Ons het amper 'n dekade gelede na die Verenigde State teruggekeer. Sedertdien het ons tot die besef gekom dat, terwyl die lewe en bediening makliker is in ons eie kultuur, is dit moeiliker om daardie dinge saam te doen.


Die eenheid wat ons met die gemeenskaplike sending gehad het, is nou net so belangrik as toe. Sonder Maureen se wyse aanmoediging en gedeelde passie om te sien hoe mense deur God verander word, sou baie van my uitdagings wat ek gehad het om die Bybeltoep te lei, veel moeiliker gewees het om te hanteer. Net so weet ek, dat as ek belangstelling en ondersteuning toon in haar vroue-groep en haar werk om ons kinders te leer, sal dit haar op dieselfde manier aanmoedig.


Om saam sending-gedrewe lewens te leef, moet ons dinge doelbewus doen. Dit gebeur nie outomaties nie. Tussen tuisonderrig, moederskap en mentorskap, het Maureen 'n voltydse werk, maar sy maak nog tyd om vir elkeen van ons YouVersion-spanlede en hul gades te bid. Dit is haar manier om verbonde te bly aan die werk wat God my gegee het. Net so beteken dit vir Maureen baie as ek met haar praat oor haar vroue-groep. Dit verander háár sending na óns sending. 


Die lewe is so besig en dit is maklik om uitmekaar te dryf as jy nie versigtig is nie. Wanneer julle egter by mekaar uitkom en 'n gemeenskaplike doel vind, sal julle verhouding verbeter.


Doen: Praat met jou gade oor hoe julle mekaar se sending kan ondersteun. Praat oor 'n gemeenskaplike doel waaraan julle saam kan werk. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Chur...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid