Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 5 VAN 7

Hou Die Verbond

Van Jon, meer as 17 jaar getroud met Mandi

Maak my stil as jy al hierdie storie gehoor het. 'n Ateïs en 'n nominale Christen gaan na 'n kerk toe … om te trou. 

Ag, ja. Die feë-verhaal romanse. 'n Man ontmoet 'n meisie. Die man trou met die meisie. Die man en vrou is ontrou aan mekaar. Hulle ignoreer God. Nege jaar later, nadat hulle voor God en hulle familie verklaar het: "Tot die dood ons skei", is dit duidelik dat hulle huwelik nie gaan hou nie. Dit was my en Mandi se storie. 

God het egter ander planne vir ons gehad. Mandi het na ons kerk, Life.Church, toe begin gaan en dit was nie lank daarna nie dat ek saam met haar begin gaan het. Dis toe dat ons lewens letterlik vir ewig verander het. 

Ons het besluit dat as God is wie Hy sê Hy is, hy ons huwelik kon red. Ons moes daaraan werk. Daar was ernstige gesprekke, belydenis en trane. Deur dit alles het die Woord van God ons herinner dat "twee een geword het." 


Ons het dalk nie ons huweliksgeloftes ernstig opgeneem nie, maar God het. 1 Timoteus 6:12 (AFR20) het ons herinner: "Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan ..." Ons het dus die stryd bly stry, aan Jesus vas gehou, en vertrou dat Hy ons huwelik sou herstel. Dit was nie maklik nie. Ek haal dag een van hierdie leesplan aan as ek sê: Daar was baie "tussen-in" oomblikke.

God het nie net ons huwelik laat werk nie, Hy het dit laat floreer. Soveel so dat ons op 15 Julie 2011, 10 jaar na ons geloftes afgelê het wat ons nie verstaan het nie, ons huweliksgeloftes voor God — die lewende God wat sy liefde aan ons openbaar het, ons verlos het en nou tevrede was met ons huwelik — kon hernu.

Alle verhoudings, en definitief ook huwelike, sal deur moeilike tye gaan. Geld kom en gaan. Familie word siek. Beroepe en ouerskap raak moeilik. God bly egter dieselfde — gister, vandag en môre. Dit maak nie saak waar jy jouself vandag bevind nie, vertrou dat God sy verbond met jou sal eer en jou gelofte aan jou eggenoot sal ondersteun. Hy sal altyd getrou bly.

Gebed: Dankie Jesus, dat U 'n plan vir ons lewens het. Dankie dat U nie hoop verloor het toe ons hoop verloor het nie. Heilige Gees, gee ons die krag om die geloftes te eer wat ons gemaak het. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Chur...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid