Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 4 VAN 7

Veg Teen Die Duiwel

Van Cindy, getroud met Chris vir meer as 26 jaar

Laat ek só begin: Jou wederhelfte is nie jou vyand nie. Petrus het jou ware vyand beskryf as die Satan, wat rondloop soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. 

Dit kan egter verrassend maklik wees om onsself te verdedig of kwaad te raak wanneer die persoon wat ons die meeste lief het, met ons verskil, is dit nie so nie? Enige aantal kwessies kan tot probleme lei. Ons kan konflik vind in gesprekke oor geld, werk of prioriteite. Humeure vlam op. As ons weer ons oë uitvee, glo ons die persoon wat ons die meeste liefhet is ons vyand. 

Toe Chris en ek jonger was, was dit die gedagtegang wat ons gehad het toe ons baklei het. En hét ons baklei! Ons was so verblind deur ons eie begeertes en het sig verloor van die feit dat ons veronderstel was om saam teen ons gemeenskaplike vyand te veg, en nie teen mekaar nie.   

Waar is daar gereelde verdeling in jou verhouding? Verdeeldheid is eintlik 'n kenmerk van ons geestelike vyand. Dis nie te sê dat elke keer as julle baklei dat julle onder 'n geestelike aanval van die Satan is nie. Tog sou die vyand niks meer wou hê as dat jy jou wederhelfte of lewensmaat as jou vyand beskou nie. Moenie daarvoor val nie.

Die beste manier om die duiwel uit jou verhouding te hou, is om Jesus die middelpunt daarvan te maak. Hier is drie idees om dit reg te kry.

Idee 1: Bid saam. 

Elke liewe dag. En nie net vir mekaar nie, maar saam met mekaar. Dis reg. Neem 'n oomblik, hou hande vas as jy wil, en bid jou gebede as 'n paartjie.

Idee 2: Belê in mekaar. 

As julle al 'n rukkie getroud is, weet jy dat dit maklik is om dit te vergeet soos die jare aanstap. Ons moet egter soveel in ons huweliksmaat in jaar 25 belê soos ons in die eerste jaar belê het. Wat sou hy of sy as 'n belegging beskou? Laat die dinge gebeur. Stel 'n herinnering op jou foon of plak 'n opsigtelike plakker iewers. Doen wat jy ook al moet doen om hulle te wys dat jy hulle raaksien en waardeer — doen dit. 

Idee 3: Doen dinge saam 

Wat wenpaartjies kenmerk, is hul begeerte vir eenheid. 'n Huwelik bestaan uit twee mense wat God 'n eenheid noem. Dus moet ons so optree. Soms fokus ons so baie op ons eie behoeftes, dat ons die ander persoon uit die oog verloor. Chris en ek probeer elke dag begin deur te sê: "Ek kies ons."

Laastens, maak nie saak wat die vyand na jou kant toe bring nie, hy veg 'n verlore stryd. Christus het eens en vir altyd 'n oorwinning oor die duiwel behaal en solank jy en jou eggenoot werk om 'n sterk Christus-gefokusde verhouding te bou, sal die vyand nie sy doelwitte bereik nie. Bid saam, belê in mekaar en kom bymekaar uit, en weet dan dat julle toekoms veilig is. Dink bietjie hieroor: Op watter gebiede het julle teen mekaar geveg eerder as saam? Hoe sal dit lyk wanneer julle dit volgende keer op 'n ander manier doen? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Chur...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid