Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 2 VAN 7

Christus-gesentreerd

Van Brandon en Christi, meer as 23 jaar getroud

Dis baie belangrik dat jy doelgerig op jou verhouding met Jesus fokus. Maar hoe doen jy dit nou eintlik? Dìs wat in ons huwelik gewerk het.

Stap 1: Besluit en Wees Toegewyd

Gesels met mekaar om seker te maak julle het dieselfde doel. Christus-gesentreerd beteken dat jou verhouding ten volle toegewyd is aan Christus. Die res is ondergeskik. Probeer om 'n paar geloofsverklarings te maak wat uitlig dat Christus die middelpunt van julle lewens sal wees. "Ons het besluit, wat ons en ons huwelik betref, dat ons die Here sal dien." "Ons sal die Here vertrou." "Ons sal aan die Here oorgee." "Ons sal die Here volg." 

Stap 2: Soek God Individueel

Om God vir jouself te soek, is 'n vereiste om saam 'n Christus-gesentreerde verhouding te hê. A.W. Tozer het 'n goeie voorbeeld hiervan gegee. Hy het gesê: "Het dit ooit by jou opgekom dat een honderd klaviere wat almal deur dieselfde vurk gestem is, almal outomaties met mekaar ooreenstem? Hulle is almal ingestem, nie die een met behulp van die ander nie, maar volgens 'n standaard waaraan elkeen individueel moet voldoen." Om in Christus verenig te word, moet ons onsself in lyn bring met Christus en nie met mekaar nie. Wanneer ons ons verhouding met God ernstig opneem, bring Hy die eenheid.

Stap 3: Soek Saam na God

Jy moet elke dag as 'n paartjie tyd maak om geestelik te verenig. Dit is waar dit prettig word. Daar is verskeie dinge wat jy kan doen om op Hom gefokus te bly. Jou verhouding kan versterk word deur gebed. Julle kan saam op 'n gereelde basis by die kerk van diens wees of julle gemeenskap bedien. Gaan voort met die passie wat God vir julle as 'n paartjie gegee het! 

Ons kragtigste geestelike verbintenis is om die Woord van God te bespreek. Die Bybeltoep bied leesplanne saam met vriende aan en ons werk elke dag saam aan 'n leesplan. Dis wonderlik om te bespreek wat God vir ons individueel openbaar en waar Hy ons saam heen lei. 

Wanneer Christus die kern van julle verhouding is, sal Hy meer kan doen as wat julle ooit op julle eie kan doen. Neem dan nou 'n besluit om Hom eerste te plaas. 

Doen: Gebruik hierdie maklike gids van Pastoor Craig en Amy Groeschel, om saam te bid.  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Chur...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid