Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 1 VAN 7

Tussen-in


Hulle sê 'n prent is 'n duisend woorde werd. Wanneer jy ook al deur trou-albums blaai, na familie foto's teen 'n muur kyk, of op sosiale media na foto's kyk, glimlag al die mense. As jy moes raai, sou jy sê dat die lewens van al daardie mense maanskyn en rose is. Is dit nie so nie?


Wat gebeur egter op die dae, weke en maande tussen-in daardie prentjies? Die duisend woorde wat 'n prent beskryf, is met vreugde, vrede en hoop gevul, maar tussendeur daardie prentjies is daar drama, frustrasie en hartseer, wat elke persoon en verhouding beleef. Al hoop jy dat jou verhoudings bestand sal wees teen sulke hindernisse, is dit maar iets wat elke verhouding moet trotseer. 


Glo jy dat daardie tussen-in tye egter ons verhoudings beter kan maak? Dis die argumente waardeur jy is, wat jou help om tyd en vrede te waardeer, of selfs te kweek. Dis wanneer jy na 'n siek vriend omsien, dat jy gesondheid waardeer. Wanneer jou bankbalans al hoe minder raak, waardeer jy die tye toe jy baie gehad het. 


Dis egter nie al wat die tussen-in tye kan doen nie.


Dit gee ons ook ruimte om te leer hoe om lief te hê met die soort liefde wat in 1 Korintiërs 13 beskryf word. Dis maklik om geduldig, goedhartig, selfloos en vergewinsgesind te wees in die goeie tye. Maar dis in die tussen-in tye wanneer ware liefde nodig is, die tye wanneer ons eerder kwaad, selfsugtig en onvergewinsgesind wil wees. Hierdie soort liefde van 1 Korintiërs 13, verskyn nie oornag nie. Dit kom deur al die tye tussen die prentjie-mooi oomblikke. Dit kom as ons leer om, soos Jesus, onvoorwaardelik lief te hê. 


Is dit die soort liefde wat jy in jou verhoudinge wil hê? Koester dan die tussen-in tye en hou aan lees oor ware, Bybelse verhoudingsdoelwitte van elf verskillende mense. 


Bid:Vader, gee my moed om ware liefde te gee en na te streef in my verhoudings, ongeag die teenstande.


Kyk na "Relationship Goals" boodskappe, kry inhoud vir groepsbesprekinge en vind bronne


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Chur...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid