Leesplan inligting

Noël: Kersfees Is Vir AlmalVoorbeeld

Noel: Christmas Is For Everyone

DAG 11 VAN 12

Die Grootste Geskenk


Deur Danny Saavedra


"God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat díe wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê" —Johannes 3:16.



Op Oukersaand, dink ek kan ons almal met onsself eerlik wees deur te erken dat ons BAIE daarvan hou om geskenke te ontvang! Regtig, wie hou nie daarvan om geskenke te kry nie? Dit is wonderlik. Dis opwindend om geskenke te ontvang van mense wat vir jou omgee! Persoonlik hou ek daarvan om geskenke van mense te ontvang. Dit bevredig my innerlike behoefte aan goedkeuring en aanvaarding. Hoekom? Omdat om geskenke van mense te ontvang, my laat voel asof hulle my werklik liefhet, waardeer en my aanvaar vir wie ek is.



Voordat ons met vandag se studie begin, kan ek vir jou vra. . . wat is die beste geskenk wat jy al ooit ontvang het? Ek onthou die beste geskenk wat ooit aan my as 'n kind gegee is, was 'n Nintendo 64, met Super Mario 64 en al. Sjoe, ek het soveel ure van genot uit daardie speletjie geput.



Tot vandag toe hou ek nog steeds daarvan om geskenke te ontvang. Maar as ek eerlik met jou kan wees, as 'n volwassene, veral as 'n pa, het ek iets baie interessants opgemerk: ek put deesdae baie meer genot daaruit om geskenke te gee. Geen geskenk wat ek as volwassene ontvang het, het my laat voel soos toe ek 'n kind was nie, maar wanneer ek vir my seun of dogter 'n geskenk gee wat hulle regtig wil hê en wanneer ek die opwinding en geluk op hulle gesigte sien, die vreugdevolle omhelsing voel en "Dankie! Dankie! Dankie, pappa!" hoor, dan bring dit daardie N64-vlak opwinding terug.



Terwyl ek aan die rede dink waarom ons vandag Kersfees vier, word ek herinner aan Matteus 7:11 wat sê: "As julle wat sleg is weet hoe om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan díe wat dit van Hom vra?" Sjoe, en ons hemelse Vader weet werklik hoe om 'n geskenk te gee!



Johannes 3:16 vertel vir ons dat God sy enigste Seun gegee het, sodat almal wat glo die gawe van die ewige lewe kan ontvang. Romeine 8:32 brei verder uit deur te sê: "Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?" 2 Korintiërs 8:9 sê: "Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kan word."



Hoekom het Hy vir ons hierdie geskenk gegee? Hoekom het die Koning van die hemel neergedaal en tussen ons kom woon? 1 Timoteus 1:15 vertel vir ons: "Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos." In Romeine 6:23 word dit duidelik gestel: "Die loon wat die sonde gee, is die dood." Dit is wat ons verdien. Dit is ons skuld aan God as gevolg van ons sonde. Deur sonde is ons geskei van 'n heilige en volmaakte God. Maar ons Here, vol liefde en genade, maak toe 'n plan om daardie groot kloof te oorbrug, deur aan ons die "gawe van God" te gee, wat die "ewige lewe in Christus Jesus ons Here is." Hy het sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur, sodat ons deur Hom die lewe kan hê (1 Joh 4:9).



As volgelinge van Christus het ons 'n geskenk ontvang wat vir ewig sal aanhou om te gee—'n geskenk wat nooit oud sal word nie, nooit breek nie, nooit sal verweer nie en nooit opraak of sy waarde verloor nie, die grootste geskenk wat die wêreld ooit ervaar het ... en al wat ons moet doen, is om te glo. Jesus het die hoogste prys betaal om hierdie geskenk vir ons te koop, sodat Hy dit vir ons gratis kon aanbied! Dis hoekom Johannes 3:16 die bekendste vers in die Bybel is, want dit is die kragtigste en eenvoudigste uitdrukking van God se liefde vir ons. En raai wat? Weet jy hoe God voel elke keer as iemand sy geskenk aanvaar? Jesus vertel vir ons in Lukas 15:7 dat daar in die hemel blydskap is oor een sondaar wat hom bekeer!



Terwyl jy gereedmaak om die geboorte van Jesus te vier, terwyl jy die Kersete voorberei of gereedmaak om kerk toe te gaan, weet dan dat jy nie die enigste een is wat dit vier nie.... Wees verseker dat ons Vader in die hemel jubel en juig van die oomblik af wanneer ons sy kinders word, en onthou dat daar groot vreugde in die hemel sal wees oor elke persoon wat Hom leer ken.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Noel: Christmas Is For Everyone

Oor die volgende 12 dae gaan ons deur die Kersfeesverhaal reis en ontdek hoekom dit die grootste verhaal is wat ooit vertel is en ook dat Kersfees vir almal bedoel is!

Baie dankie aan Calvary Chapel Ft. Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid