Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 2 VAN 15

Markus 2-3 | Vergewe en Uitgekies

Welkom terug by die Begin. Ons is vandag by Markus 2, by een van my gunsteling verhale. Jesus maak groot bewerings in die Bybel — groot genoeg om doodgemaak te word daarvoor. Enige persoon kan enigiets beweer. Die vraag is — bewys Jesus dit? In Markus 2 vind ons Jesus terwyl hy mense leer, in 'n huis in Kapernaum, en die woord doen die rondte. Vers 2:

"Baie mense het daar saamgedrom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie. Hy was besig om met hulle oor sy boodskap te praat."

Daar was 'n groot skare en Jesus het die Woord gebring — dis die Bybel. Jesus het altyd op die Woord van God gefokus. Hy het ook wonderwerke gedoen, maar hy het dit tekens genoem, en 'n teken verwys na iets anders. Vandag se verhaal is 'n perfekte voorbeeld. Vers 3:

"Daar kom toe mense wat 'n verlamde man na Hom toe bring. Vier van hulle het hom gedra. Toe hulle hom weens die gedrang nie by Jesus kon kry nie, breek hulle die dak reg bokant Hom oop, en nadat hulle 'n opening in die dak gemaak het, laat hulle die draagbaar waarop die verlamde man gelê het, daardeur afsak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: 'Vriend, jou sondes word vergewe!'"

Wag eers 'n bietjie. Gaan 'n entjie terug. Het hy nou net gesê: "Jou sondes is vergewe?" Die man het vir genesing gekom, nie vir vergifnis nie. Jesus weet egter iets: daar is geen kwessie in die lewe wat so groot is soos sonde en vergifnis nie. En kyk wat gebeur dan. Sommige Joodse leraars is daar en is geskok. 


"Waarom sê hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?" (Markus 2:7)

Hulle is reg oor daardie laaste deel. Om te beweer dat jy sonde kan vergewe, is om die outoriteit van God te eis. As dit nie waar is nie, is dit godslasterlik — 'n baie erge sonde. Jesus weet wat hulle dink, dus vra Hy hierdie vraag. Vers 9:

"Watter een is makliker: om vir hierdie verlamde man te sê: 'Jou sonde is vergewe,' of om te sê: 'Staan op, vat jou bed en loop?'"

Ek hou baie van hierdie vraag. Dink daaroor. Wat is makliker om te ? "Jou sonde is vergewe." Dis maklik om te sê, want niemand kan dit sien nie. Dit is egter moeiliker om te doen! Net God kan sonde vergewe! Om vir 'n verlamde man te sê: "Staan op, vat jou draagbaar en loop" — dit plaas alles op die spel. Almal hou dit dop. In vers 10 gaan Jesus aan:

"'Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op die aarde sondes te vergewe.' Hy sê toe vir die verlamde man: 'Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.' Hy het opgestaan, dadelik sy draagbaar gevat en voor die oë van almal uitgestap. Hieroor was hulle almal verbaas ..."

Hierdie wonderwerk is ongelooflik: 'n verlamde man staan op en loop! Moenie die teken mis nie, dit dui Jesus se volmag aanJesus het God se gesag om sonde te vergewe, en Hy bewys dit. En Hy gebruik dit weer in die volgende verhaal. In vers 13 is Jesus besig om die mense langs die meer te leer. Hy sien Levi wat as 'n tollenaar werk. Tollenaars in daardie tyd, was verag, want hulle was korrupte manne wat meer geld in hulle eie sakke gesit het as wat hulle aan die regering gegee het. Aaklige gierigheid. En tog het Jesus na Levi toe gegaan:


"'Volg my,' het Jesus vir hom gesê, en Levi en opgestaan en Jesus gevolg." (2:14)

Daar is die woorde weer, dieselfde uitnodiging. Hierdie keer nooi Jesus 'n sondaar  — 'n baie slegte persoon. En Levi volg Hom! Toe Levi vir Jesus en sy dissipels vir ete nooi, is daar nog meer sondaars. Dit was besonder moeilik vir die Farisieërs om te verstaan. Die Farisieërs was geestelike leiers — die veroordelende en selfregverdigende soort — wat dit nie kon verstaan nie. As Jesus 'n goeie rabbi is, 

"Hoekom eet Hy saam met tollenaars en sondaars?" (2:16)

Vers 17 is 'n diepsinnige stelling:

"Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: 'Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.'"

Moet dit nie miskyk nie. Jesus het sondaars gekies. Levi was 'n sondaar. Sy vriende was ook. Net soos 'n dokter kom om siekes gesond te maak, so kom Jesus om sondaars te vergewe en te herstel — om hulle regverdig te maak. Regverdig beteken, in die regte verhouding met God. Dit is 'n belangrike woord. Jy ken seker daardie gevoel tussen twee persone wanneer die verhouding reg is — en niks tussen julle staan nie? En heel moontlik ken jy die gevoel as 'n verhouding nie reg is nie — as daar 'n muur tussen julle is omdat jy alles opgemors het. Dit is waar ons met God staan. Sonde skei ons. Ons het verkeerd opgetree. Die evangelie — die goeie nuus — is dat Jesus gekom het om dit weer reg te maak. Hy vergewe sonde en noem ons regverdiges. Wat Hy van ons vra, is geloof. Geregverdig deur geloof. En nog meer wonderlik; Jesus kies om sondaars te vergewe, Hy herstel hulle en stuur hulle uit om God te dien. In hoofstuk 3 gaan ons lees hoe Jesus 'n groep van twaalf roep en as apostels aanstel. 'n Dissipel volg, 'n apostel word gestuur — net soos 'n ambassadeur. En in daardie lys van twaalf, is Levi, maar sy naam het verander na Matteus. Jesus kies sondaars, vergewe hulle, herstel en verander hulle, en stuur hulle uit om vir die ander sondaars die goeie nuus te vertel: God is lief vir julle. Verbasend. En Hy doen dit nog steeds vandag. Lees vandag Markus 2 en 3. As jy tyd het, klik op "Lees Hele Hoofstuk" om die hele verhaal te sien. Ek sien jou weer hier in hoofstuk 4.

Vir Oordenking en Bespreking:

  • Hoekom dink jy was dit so moeilik vir die geestelike leiers om te aanvaar dat Jesus saam met sondaars geëet het?
  • Jesus maak 'n diepgaande stelling in Markus 2:17: "Die gesondes het nie 'n dokter nodig nie, maar die wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars." Wat beteken dit vir jou?
  • Watter rol het vergifnis in jou lewe gespeel? Deel jou verhaal.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid