Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 1 VAN 15

Markus 1 | Volg My


Hallo, en welkom by die Begin. As jy nou net begin het — of dalk weer begin met Jesus, of as jy net nuuskierig is oor geloof, is jy op die regte plek. 


So, waar begin ons? Wel, vir die dissipels het dit alles met twee eenvoudige woorde van Jesus begin: "Volg my." En die reis vorentoe sou alles verander. 


Dis waar ons ook dus sal begin: om Jesus te volg. Ons plan is maklik. Ons lees twee Bybelboeke. Ons sal eers Jesus se verhaal in Markus volg; dan praat ons oor ons verhaal in Kolossense. In Markus gaan ons sien wat dit beteken het om Jesus in daardie dae te volg, en in Kolossense sien ons wat dit beteken om Jesus vandag te volg. 


Die belangrikste deel van hierdie leesplan is dat ons die Bybel lees. Ek sal hier wees om jou geselskap te hou en alles te verduidelik soos wat ons vorder. Reise is mos beter saam met iemand. Nooi 'n vriend en so sal julle Jesus leer ken terwyl julle mekaar leer ken! Jy kan dit op jou eie lees en dan aansluit om elke dag — of elke week — daaroor te praat. Of dit kan net ek en jy wees.  

Reg, kom ons begin. Vandag is dit Markus 1 en ons begin by vers 1:

Die begin van die goeie nuus oor Jesus die Messias, die Seun van God."

Dis nogal 'n gewigtige begin. Eerstens: dit is goeie nuus en ek hou baie van goeie nuus. Dis oor Jesus, die Messias. Messias beteken "gesalfde een" - soos in dié een, wat God gekies het. En Jesus is die Seun van God.


Vers 2 begin met 'n profesie van eeue gelede: 


"Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak."

God se boodskapper was 'n man genaamd Johannes, wie gestuur is om te preek en mense se harte vir Jesus voor te berei. Hoe het hy hulle voorberei? Vers 4 sê dat hy gepreek het oor "die doop van bekering en die vergifnis van sonde." Berou is die sleutel. Om tot bekering te kom beteken dat jy jou gedagtes en rigting verander. Erken: "Wat ek gedoen het was verkeerd," en draai dan weg daarvan, om 'n nuwe rigting in te slaan. Mense het van heinde en verre gekom om Johannes te hoor, om tot inkeer te kom en gedoop te word. 


Dit is die sleutel. Die eerste stap wat jy neem om Jesus te volg, is om van rigting te verander. Bely die verkeerde dinge wat jy gedoen het, draai weg daarvan en draai na Jesus toe. Johannes het mense in water gedoop, as 'n teken van bekering, maar hy het ook vir hulle gesê dat Jesus sou kom, en "hulle met die Heilige Gees sou doop."

Dan, in vers 9, kom Jesus van Nasaret af en Johannes doop Hom. Jesus se doop was anders. Die Gees het op Hom neergedaal soos 'n duif, en in vers 11: 


"... was [daar] ook 'n stem uit die hemel: 'Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.'"

Daar is so baie hier om na op te let, maar ek wil hê jy moet dit self lees. Dis hoe dit werk. Ek sal op die geheelbeeld fokus en jy lees die besonderhede. Vers 14: 


"Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. 'Die tyd het aangebreek. Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die goeie nuus!'"

Jesus het met 'n boodskap gekom: God se koninkryk — die plek waar God as koning regeer — is naby. Dis amper hier, binne bereik. En hy het mense genooi om hulle te bekeer — om weg te draai van hulle sonde — en die goeie nuus te glo. 


As die koninkryk so naby was, hoe sou hulle dit bereik? Vers 16:

"Terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en sy broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die meer uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy het toe vir hulle gesê: 'Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.'"

Neem kennis: die sleutel om God se koninkryk te bereik, lê in twee woorde: volg Jesus. 

Vers 18:


"Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg."

Let op dat hulle iets moes prysgee om Hom te volg. Jesus het aanbeweeg en Jakobus en Johannes ('n ander Johannes) gevind en hulle het ook opgehou waarmee hulle besig was, en Jesus gevolg. 


Soms wonder ek of die dissipels geweet het dat hulle lewens sou verander, of dat die hele wêreld sou verander. Ek weet nie hoeveel hulle toe al verstaan het nie, maar hulle het Jesus genoeg vertrou om die eerste treë te gee. 


Kom ons sluit by hulle aan. Lees Markus 1. Kyk na Jesus se gesag as Hy duiwels uitdryf. Voel sy deernis as Hy siekes genees. Hoor sy wysheid as Hy mense leer. Terwyl jy lees, onthou dat Jesus ons nie net nooi om 'n stel feite te glo of 'n filosofie te oordink nie. En Hy nooi ons nie om by 'n instansie aan te sluit nie. Hy nooi ons saam op 'n reis. Hy nooi ons om Hom te volg. 


Vir Oordenking en Bespreking:

  • Wat dink jy bedoel Jesus as hy sê: "Volg My"? Hoe verskil dit van: "luister na My" of "glo in My"?
  • Watter van hierdie volgende woorde is die beste beskrywing van wat dit is om 'n Christen te wees: godsdiens, geloof, filosofie, reëls, reis, verhouding? Hoekom? 
  • Hoe het jy van Jesus te hore gekom? Deel jou verhaal.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid