Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 4 VAN 15

Markus 6-7 | Gestuur om te Dien

Ons is vandag in Markus 6 en dis tyd om aan die gang te kom. As 'n mens Jesus volg is jy nie 'n toeskouer nie. Die dissipels sou nou begin deelneem.

Dit geld ook vir jou. As jy Jesus volg, is jy sonder uitsondering geroep tot diens. As jy nog nie 'n gelowige is nie, is die uitnodiging daar. Hou net in gedagte dat jy nie genooi word om by 'n instansie aan te sluit nie, jy is geroep om deel te wees van 'n beweging

Wat beteken dit vir die dissipels? Hulle gaan nou uitvind.

"Jesus het die twaalf nader geroep en hulle twee-twee begin uitstuur. Hy het aan hulle mag oor onrein geeste gegee." Markus 6:7

Let op dat Jesus hulle uitstuur. Diensgroepe wag nie vir mense om te kom nie, dit gaan waar die nood is. Hy stuur hulle twee-twee uit — diens is 'n spanpoging. Hy gee hulle ook mag — God se mag — om te gaan.  

Hy gee ook vir hulle instruksies. Vers 8:

“ Verder het Hy hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te vat nie, net 'n kierie — geen kos, geen reissak, geen geld in die beursie nie.”

Hulle eerste sending is dus 'n les in geloof. Geen voorrade nie — net geloof. Die instruksies is egter nie elke keer dieselfde nie. Later sal Jesus hulle op 'n ander sending stuur met voorrade. 'n Sending is nie 'n formule of resep nie, dis 'n avontuur, en die ware sleutel is om elke keer jou rigting by die Here te kry. Om Jesus te volg, moet jy instruksies volg en altyd op God vertrou. Met leë hande of met baie voorraad, moet jy altyd op God vertrou om te voorsien. 

Hoe het dit toe gegaan? Vers 12: 

"Hulle het toe gaan verkondig dat die mense hulle moet bekeer. Daarby het hulle baie bose geeste uitgedrywe en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak."

Hulle het dit gedoen! Hulle het vertrou en God het voorsien. Hulle het terug gekom en verslag gelewer aan Jesus, maar gou-gou het 'n skare rondom hulle vergader, en in vers 31 sê Hy vir die dissipels:

"Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie."

Noodsaaklike reël vir 'n sending: rus saam met Jesus. Hulle het toe by 'n afgeleë plek gekom, maar die mense was eerste daar! Jammer ouens — geen rus nou nie. Vers 34:

"Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry." 

Ek staan altyd verstom oor Jesus se vermoë vir deernis. Deernis beteken om "saam te ly" — en dis presies wat Jesus gedoen het. Hy het mense se nood raakgesien en omgegee. Hy het ook die dissipels geleer om vir mense om te gee." 

Wel, Jesus het die mense geleer, en dit het laat begin word. Baie mense — afgeleë plek — en 'n behoefte vir kos.Die dissipels wou hê Jesus moes al die mense wegstuur. Dit klink aanvaarbaar. Vers 37:

"Maar Hy antwoord:"'Gee julle vir hulle iets om te eet.'" 

Let mooi op. Die dissipels sien die behoefte en Jesus sê vir hulle om die mense kos te gee. Dit is egter nie genoeg nie. Nie naastenby nie! En in die middel van nêrens.

Onthou net wat hulle nou net geleer het: met leë hande of baie voorraad, vertrou God om te voorsien. Vers 38:

"Hy vra vir hulle: 'Hoeveel brood het julle? Gaan kyk.' Nadat hulle gaan kyk het, sê hulle: 'Vyf, en twee visse.'"

Dis brood en vis vir slegs 'n paar mense, nie duisende nie. Kyk nou wat gebeur. Hulle vra die mense om te gaan sit, en in vers 41: 

"Toe het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Daarna het Hy die brood gebreek en dit vir sy dissipels gegee om aan die mense voor te sit."

Stop eers hier. Wag 'n oomblik en kyk aandagtig. Jesus sê dankie vir die kos, breek die brood en gee vir elke dissipel — hoeveel? 


Staan 'n bietjie in hulle skoene. Kyk in jou hande — miskien 'n halwe sny brood, 'n klein bietjie vis. Kyk op — honderde mense. Jesus het egter gesê hulle moet vir die mense kos gee, en jy gee maar kos. Vers 42:

"Al die mense het geëet en genoeg gekry. Hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood en die vis. Van dié wat van die brood geëet het, was net die mans vyf duisend."

Dit is besonders. En dit gebeur nog deesdae. Ek het al ware vis-en-broodjies verhale van vriende in die bediening gehoor. Nooddiens hulp tydens die orkaan in Suid-Amerika, kos vir die armes in Meksiko en nog ontelbaar meer. Soms daag 'n trok van nêrens af op. Soms hou 'n klein bietjie langer as wat dit moes. Ware wonderwerke — elke keer te midde van 'n nood wat verlig word. Altyd in die bediening  van deernis.

Wanneer jy Markus 6 en 7 lees, kyk na Jesus se wonderwerke. Is dit 'n vertoning — of verlig Hy die nood? Leer hy die dissipels om wonderwerke te verrig, of om om te gee en te help, selfs al is die nood groter as wat hulle kan bied?

Ek het lank gelede al geleer dat ek nie genoeg is nie. 'n Bediening is 'n roeping na iets groter as jyself, iets wat ons nie alleen kan doen nie. 

Wat van jou? Het jy die vermoë om al daardie mense te help? Nee? Ek ook nie. Jesus het egter gesê ons moet gaan, so kom ons gaan. Met leë hande of met baie voorraad, vertrou op God … en doen dit.


Vir Oordenking en Bespreking:

  • Wat dink jy wou Jesus die dissipels leer toe Hy hulle sonder geld uitgestuur het? Wat daarvan toe Hy gesê het hulle moet 5 000 mense kos gee, sonder genoeg kos? Is hierdie lesse vandag op jou van toepassing?
  • Wat is jou ondervinding om God te dien en ander te help? Deel jou verhaal.
  • As jy enigiets vir God kon doen, wat sou dit wees?
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid