Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 15 VAN 15

Kolossense 4:17 | Maak Klaar Wat Jy Begin Het

Hallo, my vriende. Vandag is ons laaste dag. Welgedaan! Jy het klaargemaak wat jy begin het — dit is 'n teken van karakter. Regtig. En jy wonder seker — wat is volgende? Vandag gaan ons hersiening doen van wat ons geleer het en jou volgende stappe beplan.


Daar is 'n vers aan die einde van Kolossense wat goed hierby aanpas. Vers 17: 


"En sê vir Argippus: 'Gee jou aandag aan die taak wat jy in diens van die Here aanvaar het, sodat jy dit kan voltooi.'"

Dis interessant. Ons ken nie vir Argippus of sy bediening nie. Ons weet egter dat dit van belang was. Een persoon is van groot belang vir God, en God se roeping op een persoon se lewe maak saak vir hulle wêreld. Paulus sê vir hom: "maak die bediening klaar". Maak klaar wat jy begin het. 


En dit is my boodskap aan jou. Ek ken jou nie persoonlik nie, maar ek weet dat jy vir God saakmaak en ek weet dat jou bediening 'n verskil sal maak. Jy het 'n doel en 'n roeping — maak dus die werk klaar. Kom ons doen eers hersiening. 


Ons reis het met twee eenvoudige woorde begin: "Volg my." En dit was ons verhaal van die begin tot die einde — om Jesus te volg. Langs die pad het ons gesien hoe Jesus siekes gesond maak, storms stilmaak, sondaars vergewe en mense waarlik herstel. Die dissipels was deel van daardie werk, en so is jy.


In Markus 8 het Jesus die dissipels geroep om aan Hom toegewyd te wees. 


"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg." (Markus 8:34)

En die dissipels het Hom gevolg. Deur die verhaal van die ryk jong man, het ons geleer dat ons van afgode, soos geld en trots, moet ontslae raak as ons Jesus wil volg. Ons het ook geleer wat God se belangrikste opdragte is: wees lief vir God en jou naaste. En bowenal het ons geleer hoe lief God ons het. Jesus het sy lewe vir ons gegee om ons te red. 


En onthou — ons verdien dit nie. Ons betaal nie die prys vir ons sondes nie, en ons maak onsself nie goed nie. Jesus het gesterf om die volle prys te betaal, en Hy het weer opgestaan om vir ons nuwe lewe te gee. Genade. Ons werk is om 'n lewe te leef wat sy roeping waardig is. 


Dit bring ons by Kolossense. Hoe leef ons dit uit? Twee eenvoudige woorde: volg Jesus. Nou het jy Christus in jou en volg jy nie net in sy voetspore nie. Nou lei die Heilige Gees jou deur die lewe en kan jy jou ou self afskud en die nuwe jy word. 


Die Gees gee ook vir jou 'n nuwe stel gewoontesOnthou — dis nie verpligtinge nie, dis gewoontes. En dit is 'n goeie plek om  met jou volgende stappe te begin:


Begin met 'n Bybelgewoonte. Stel 'n tyd vas wanneer jy elke dag die Bybel gaan oopmaak en lees. Ons het wonderlike leesplanne in die Bybeltoep, om jou aan die gang te hou. Ek hou veral van die leesplanne wat een Bybelboek op 'n slag deurwerk. Of jy kan weer hierdie leesplan doen. Hierdie keer kan jy 'n vriend uitnooi om dit saam met jou te doen. En dit bring my by …


Kweek 'n gewoonte om saam met ander gelowiges bymekaar te kom. Maak kontak met ander gelowiges. Ons is geroep om lief te hê, en dit verg tyd saam. Dis waarom die kerk daar is. Onthou net, kerk is nie 'n vertoning waarna jy kyk nie, dis 'n byeenkoms. Raak dus betrokke. Wees eg en persoonlik, deel wat in jou hart aangaan, bely jou sonde, bid saam en vind genesing. Dis ook 'n goeie plek om …


'n Gewoonte van diensbaarheid te begin. Dit is bediening. Kyk uit vir geleenthede om ander op eenvoudige maniere te help. Een goeie manier om te help is om …


'n Gebedsgewoonte te kweek. Onthou dat gebed nie daaroor gaan oor wat jy wil hê nie, maar eerder om nader aan God te kom. Wees dus openhartig, deel wat in jou hart is, jou behoeftes en bid ook vir ander. 

Daar sal nog meer nuwe gewoontes wees: belydenis gewoontedie gewoonte om dissipels te maak. As dit egter soos 'n "taaklysie" voel, skaal af. Onthou — jy moenie reëls nakom nie, jy moet Jesus volg. Hou dit dus eenvoudig, fokus op Hom en laat die Gees jou lei. 


Onthou ook dat jy nie in 'n vormgodsdiens-christen verander moet word nie. Jy word van binne-af verander — oorgemaak na die beeld van God, soos jy veronderstel is om te wees. Byvoorbeeld: een van jou nuwe gewoontes sal wees om te gee. Jy gee egter nie om guns by God te wen nie. Jy gee omdat God 'n gewer is, en jy nog leer om so vrygewig soos Hy te wees. 


Dis nou tyd om te begin. Daar is 'n nuwe avontuur wat op jou wag. Daar is lewensreise en reise deur die Bybel. God het werk vir jou om te doen, maak dus klaar wat jy begin het. Dit is egter nie net jou werk nie, dit is sy werk, en:


"Hy, wat 'n goeie werk in jou begin het, sal dit end-uit voer en voleindig." (Filippense 1:6) 

Dit gaan nie net daaroor dat jy die werk klaarmaak nie, dit gaan oor God wat sy werk in jou klaarmaak. Vestig dus jou oë op Jesus, die "Begin en Voleinder" van die geloof. (Hebreërs 12:2) Hy het dit begin — Hy sal dit klaarmaak. En onthou net dat jy nooit alleen is nie. Hy sal jou nooit alleen los of in die steek laat nie. (Hebreërs 13:5) Jesus se laaste woorde aan die dissipels in die evangelie van Matteus is:


"Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld." (Matteus 28:20)

Vir Oordenking en Bespreking

  • Wat beteken die frase "Maak klaar wat jy begin het", in jou lewe?
  • Filippense 1:6 sê: "Hy, wat 'n goeie werk in jou begin het, sal dit end-uit voer en voleindig." Wat beteken dit vir jou?
  • Vandag se gids gee voorstelle vir jou volgende stappe. Wat beplan jy om volgende te doen?
Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid