Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 6 VAN 15

Markus 10-11 | Die Ewige Lewe

Vandag vra 'n jong man 'n groot vraag vir Jesus. Markus 10 vers 17:

"Net toe Jesus uit die huis uitkom om verder te gaan, kom daar iemand aangehardloop. Hy val toe voor Hom op sy knieë en vra Hom: 'Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?'"

Dis nou vir jou 'n gewigtige vraag. Die Bybel leer ons dat hoe ons ons kort lewe hier op aarde leef, bepaal waar ons die ewigheid gaan deurbring. En hierdie jong man wil weet — wat moet ek doen om die ewige lewe te bekom? Hoe kom ek in die hemel?

Hy vra toe die goeie Leermeester. Kyk wat antwoord Jesus hom. Vers 18:

"Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen."

Let op dat Jesus hom nie dadelik die antwoord gee nie. Hoekom? Hy wil eers die jongman se verkeerde geloof regstel voordat Hy vir hom die regte antwoord gee. Jesus sê dus: "Niemand is goed, behalwe God nie." Dis baie belangrik. 


Ons is geneig om die wêreld op te deel in goeie en slegte mense. Die Bybel sê egter dat almal gesondig het, en niemand is geregverdig, behalwe God self nie. (Romeine 3:23) Geregverdig beteken, in die regte verhouding met God, en in die Ou Testament was die enigste weg na die ewige lewe, geregtigheid. (Spreuke 12:28)

Kyk wat sê Jesus toe. Vers 19:

"Jy ken die gebooie:

Dan noem Hy hulle op: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie, jy mag nie iemand veronreg nie, eer jou vader en jou moeder. Jy mag hierdie dalk herken as die Tien Gebooie. Vers 20:

"'Meneer', sê hy vir Hom, 'dit alles het ek van my kinderdae af nagekom.'"

Hierdie man dink duidelik dat hy 'n goeie mens is. Ek kan my daarmee vereenselwig. Voor ek Jesus geken het, het ek regtig gedink ek is 'n goeie persoon. Ek het probeer om niemand seer te maak nie, en ek was nogal 'n aangename ou. 


Let egter op wat Jesus uitlaat. Hy noem die gebooie op wat daarna verwys om ander mense lief te hê, maar Hy maak nie melding van die gebooie oor God nie: "Jy mag naas My geen ander gode hê nie," en "Jy mag nie afgode maak nie." Waarom laat Hy dit uit? Vers 21: 


"Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry." 

Staan eers 'n bietjie hier stil. Vir Jesus is hierdie gesprek meer as net teologies. Vraag en Antwoord. Jesus het hom lief. Dus sê Hy vir hom:

"Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My."

Sjoe. Hy kort nog net een ding om die ewige lewe te verkry. Net eenLees aandagtig — wat is die een ding? Moet hy alles vir die armes gee? Ek dink nie so nie. Dis die laaste frase — daardie twee woorde: "Volg My." 


Daar is net een manier om die ewige lewe te verkry: volg Jesus. Romeine 3 vertel vir ons dat 

"... geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek sal word nie ..." (Romeine 3:20)  

Dit beteken dat goeie dade nie genoeg is nie. 


"... maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo." (Romeine 3:22)

Met ander woorde, Jesus stel ons in 'n regte verhouding met God as ons Hom in geloof volg. Hy het ons sonde na die kruis toe gevat en ons sy geregtigheid gegee. (1 Korintiërs 5:21) 


Hoekom het Jesus dan vir die man gesê om alles te verkoop wat hy het? Wel, kyk na sy reaksie:

"Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad." (Markus 10:22)

Hy was dus ryk. En sy reaksie is 'n leidraad. Hy was bedruk, omdat hy sy rykdom liefgehad het. Geld is nie boos nie, maar die liefde vir geld is gevaarlik. Rykdom kan maklik 'n afgod raak — 'n plaasvervanger vir God. Dalk het Jesus die eerste gebooie oorgeslaan om die jong man te wys dat hy dieselfde doen. Weereens kan ek my daarmee vereenselwig. Ek het gedink ek is nogal oulik, maar trots was my afgod, en dit het my van God af weggehou. Hierdie man se afgod was geld. Jesus het dus vir hom gesê: laat staan eers jou afgode, dan volg jy My.

Let op na Jesus se woorde. Hy beskryf die hemel as 'n plek waar jy die "koninkryk van God binnegaan." Dit verander dinge. As die hemel net 'n goeie plek was, sou 'n mens net moes goed wees om in te gaan; maar as die hemel God se koninkryk is, moet jy in die regte verhouding met die koning staan om in te gaan.

Jesus is die koning, en die enigste toegang tot God se koninkryk is om Jesus te volg. Hy is goed en net Hy kan ons regverdig maak. Jy kan egter nie vir Jesus volg voor jy nie jou afgode laat staan het nie. Jy kan nie twee meesters dien nie, en jy kan nie twee rigtings inslaan nie. 


Wat het toe met die man gebeur? Het hy Jesus gevolg of het hy die wêreld gewen en sy siel verloor? Ons weet nie. Ek weet egter dat daar nog tyd vir jou is. 


Ek wonder hoe Jesus sou reageer as jy vir Hom dieselfde vraag vra. Ons het almal verskillende afgode: geld, plesier, dwelms, sukses, trots, wellus. Om jou afgod te vind, moet jy jouself afvra: As Jesus vir my sê: "Volg My", wat verhinder my?

Lees Markus 10 en dink na oor wat jy moet laat staan sodat jy Jesus kan volg. 


Vir Oordenking en Bespreking:

  • Watter deel van Jesus se antwoord beantwoord werklik die man se vraag? (Lees Markus 10:17 en 10:21)
  • Hoekom sê Jesus dat dit so moeilik vir ryk mense is om in die koninkryk van God in te gaan? (Lees Markus 10:25)
  • As Jesus jou roep om Hom te volg, watter dinge weerhou jou? Deel jou verhaal.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid