Leesplan inligting

Vind VredeVoorbeeld

Finding Peace

DAG 3 VAN 17

Hoekom Ons Ons Vrede Verloor



Daar is net een manier om blywende vrede te beleef wat bo omstandighede verhewe is — deur geloof. Geloof is die grondslag vir 'n lewe in God se vrede — 'n aktiewe, selfversekerde vertroue in sy teenwoordigheid en krag, om jou te ondersteun en te vertroos, ongeag die omstandighede wat jy in die gesig staar. Daar is egter sekere aspekte wat ons geloof kan ondermyn en ons van ons vrede kan beroof. Kom ons kyk na 'n paar:



1. Skielike Vrees — Party mense is so gewoond daaraan om met vrees of paniek op elke hoogtepunt en laagtepunt van die lewe te reageer, dat hulle nie eens daaraan dink dat daar 'n ander manier is waarop hulle kan reageer nie. Hulle word so ontstel deur enige soort verandering, dat dit nie by hulle opkom dat hulle met 'n groter mate van emosionele stabiliteit kan lewe nie.


2. Die Vyand — Ons vyand, die duiwel, val ons aan en gebruik verskillende maniere om ons te laat twyfel en om geloof in God te verloor. Ons moet ons man teen hom staan. Die Skrif moedig ons aan om die duiwel te weerstaan, want as ons dit doen, sal hy van ons af wegvlug (Jakobus 4:7). 


3. Sonde — Vrede en rebellie kan nie saamleef nie. Die enigste uitweg is om jou sonde teenoor God te bely, om jouself aan Hom oor te gee en sy hulp te vra om weg te draai van sonde en om versoekings te weerstaan. Dan eers kan God se vrede weer teenwoordig wees. 


4. Laat Vrede Gaan — In krisistye laat ons soms gewillig ons vrede gaan. Ons verloor dit. Ons gee dit weg. Ons laat dit na. Onthou altyd dat niemand ons vrede van ons af kan wegneem nie; ons moet dit weggee. Ons is dus ook die enigste persoon wat dit kan terugneem.


5. Verloor Fokus — Ons kan toelaat dat die magdom slegte nuus wat ons elke dag hoor of van lees, veroorsaak dat ons fokus verloor. In plaas daarvan dat ons ons gedagtes op God rig en Hom vertrou vir sy vrede en teenwoordigheid, laat ons toe dat ons gedagtes afgelei en deurdrenk word deur die negatiewe nuus en omstandighede wat ons sien en hoor. 


Omdat God by ons is, hoef ons nie in te gee, onder te gaan of verslaan te word deur ons probleme nie. Ons kan hulle in die gesig staar, konfronteer, uitdaag, hanteer en uiteindelik, in die krag van die kruis, oorkom. Jesus het sy volgelinge geleer dat alle probleme vlietend van aard is … en 'n rede het. "Julle moenie ontsteld wees nie ..." (Johannes 14:27). Hou vas aan die vrede wat God gee, en vertrou dat Hy alles sien, rigting gee en sorg vir dié wat op Hom vertrou en in Hom glo.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Peace

Soek jy meer vrede in jou lewe? Is rustigheid iets waarna jy streef en nie net 'n wens nie? Jy kan ware vrede net op een plek kry — by God. Dr. Charles Stanley wys vir jou in hierdie leesplan hoe om lewensveranderende ge...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://intouch.cc/peace-yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid