Leesplan inligting

Vind VredeVoorbeeld

Finding Peace

DAG 7 VAN 17

Gee Angs Prys



Angs is 'n probleem wat almal van ons een of ander tyd moet hanteer. In die bergrede sê Jesus: 



"Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?" (Matteus 6:25-26).


Die Griekse betekenis van die woord "angs", in hierdie Skrifgedeelte, beteken "afgetrokke". Die woord verwys na onsekerheid. Dis wat angs in ons teweegbring. Dit gee ons 'n gevoel van: Wat nou? Dis 'n gevoel dat die mat onder ons voete uitgeruk is en ons geen idee het waar ons gaan val, of hoe hard, of in watter rigting of op wat nie.



In die Bybel kan die woord "angstig" ook vertaal word as "bekommerd". Om jou te bekommer het ongelukkig vir baie mense 'n leefstyl geword. As jy een van daardie mense is, wil ek jou aanmoedig om weer die woorde van Jesus te lees. Sy woorde is nie 'n voorstel nie — dis 'n opdrag.



Dalk sê jy: "Ek kan dit nie verhelp om bekommerd te voel nie, ek was altyd maar 'n kommervraat." Dit het ek deur die jare by so baie mense gehoor. My reaksie is: "Jy kan dit verhelp."



Daar is niks in enige situasie of omstandigheid wat outomaties angs skep nie. Ons word angstig deur die manier hoe ons op die probleem of situasie reageer. Ons vermoë om te kies, is deel van God se geskenk van vrye wil aan elke mens. Jy kan kies hoe jy wil voel. Jy kan kies wat om te dink, en jy kan kies hoe jy op omstandighede wil reageer. Dit is definitief nie God se doel vir jou om angstig te voel nie — Hy laat nie sekere situasies in jou lewe toe net sodat jy beangs moet wees nie. Ons Vader mag dalk 'n situasie toelaat, sodat ons 'n sterker geloof ontwikkel, kan groei en volwasse word, of om 'n slegte gewoonte of 'n negatiewe gesindheid te verander. Maar God sal jou nooit blootstel aan angs ter wille van angs nie. Hy is altyd besig om ons na 'n plek te lei waar ons Hom meer sal vertrou, Hom meer sal gehoorsaam en meer van sy seëninge kan ontvang!



Jy kan vasval in 'n afwaartse spiraal van angs. Of jy kan sê: "Vader, ek bring dit na U toe. Dis buite my beheer. Ek voel hulpeloos in hierdie situasie, maar U het die mag om dit wat my in die gesig staar, te verander. U het my volkome lief, en ek vertrou U om hierdie bekommernis te hanteer soos dit U pas. Ek glo dat wat U ook al vir my beplan het, tot my beswil is. Ek sien uit na die manier wat U kies om u liefde, wysheid en mag te openbaar."



My vriend, dit is die pad na vrede — die pad weg van angs en bekommernis.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Finding Peace

Soek jy meer vrede in jou lewe? Is rustigheid iets waarna jy streef en nie net 'n wens nie? Jy kan ware vrede net op een plek kry — by God. Dr. Charles Stanley wys vir jou in hierdie leesplan hoe om lewensveranderende ge...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://intouch.cc/peace-yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid