Leesplan inligting

Vind VredeVoorbeeld

Finding Peace

DAG 6 VAN 17

Leef Sonder Verwyt



Ek onthou nog hoe ek die foon stadig neersit en toe, terwyl ek diep sug, gesê het: "Wel … dit het gebeur." 



Die stem aan die anderkant van die foon was 'n prokureur om my in te lig dat my vrou 'n egskeiding aangevra het. 



Ek het vir baie jare met dreigemente vir egskeiding saamgeleef. En tog was ek verbyster deur die nuus. 



Deur die loop van die volgende paar dae het baie emosies deur my hart en gedagtes gemaal. Ek wou nie 'n egskeiding hê nie. Ek het nie presies geweet hoe om voort te gaan om te keer dat 'n egskeiding plaasvind nie. Ek het nie geweet wie om te vertel of hoe ek hulle moet vertel nie. Ek het geweet dat ek uiteindelik die hele gemeente, van wie ek die pastoor was, moes vertel en ek geen waarborg het hoe die gemeenteraad of die lidmate sou reageer nie. Die enigste sekerheid was die druk van voorbereiding vir volgende Sondag se preek.



Ondanks my gedagtes, wat teen 'n woeste spoed voortgejaag het, het ek die volgende waarhede met absolute sekerheid geweet: 



God was nie verras deur hierdie gebeurtenis nie.

God was in beheer van my lewe — Hy het toegelaat dat dit gebeur vir sy doeleindes en as deel van sy plan vir my.

Hy het in sy Woord belowe dat Hy my nooit in die steek sal laat en nooit verlaat nie. Hy't belowe om elke tree van die pad by my te wees; en daarom sal alle dinge uiteindelik tot my ewige voordeel wees, indien ek aanhou om volkome op Hom te vertrou.


Die onmiddellike feite van die omstandigheid het onrus geskep, maar die onveranderlike waarheid oor God het vrede geskep.



Byna agt jaar na die prokureur se oproep, is die egskeiding wat my vrou aangevra het, wettig aan haar toegestaan.



In die jare daarna het mense aan my gesê: "Jy is seker spyt oor die verlies van jou huwelik ... dat jy die geveg om jul huwelik te red, verloor het ... dat al jou pogings tot versoening nie gewerk het nie.



My uiterlike reaksie was meestal net stilte. My werklike, innerlike reaksie op sulke kommentaar is: Hartseer, ja. Spyt, nee. 



Terwyl ek hartseer is dat my huwelik in egskeiding geëindig het, leef ek nie met 'n blywende spyt nie. Hoekom? Want spyt is gewortel in onopgeloste skuldgevoel. Ek het geweet ek het vrede met God, en spyt en skuldgevoel is dus nie deel van my lewe nie.



Ek het gevind dat die beste manier om sonder spyt te lewe is om 'n skoon gewete te handhaaf. Kies om so te leef dat jy jou bes doen in elke taak en verhouding, met die beste poging om op 'n Goddelike manier te leef. Kies om God te vertrou in elke area van jou lewe — nie net die maklikes nie. Kies om Hom te gehoorsaam en sy gebooie te onderhou. Kies om ander ten volle te vergewe. En kies die pad wat God aan jou openbaar om te volg.



Alhoewel niemand dit uit eie krag kan doen nie, kan ons met die Heilige Gees wat in ons woon van alle vorme van versoeking wegdraai om vrede met onsself en ander na te streef — en aangaan met die goeie werke waarvoor God ons bemagtig. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Finding Peace

Soek jy meer vrede in jou lewe? Is rustigheid iets waarna jy streef en nie net 'n wens nie? Jy kan ware vrede net op een plek kry — by God. Dr. Charles Stanley wys vir jou in hierdie leesplan hoe om lewensveranderende ge...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://intouch.cc/peace-yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid