Leesplan inligting

Verhoudingsraad Vir MansVoorbeeld

Relationship Advice For Men

DAG 7 VAN 8

Vriende



"Tussen hierdie pieke staan ons op sterre. Die Melkweg maal rondom ons en die aarde word silwer onder die bleek sterlig. Hierdie wêreld is so klein in vergelyking met die hemelruim, en ons is soveel kleiner as dit. Klein genoeg om vir altyd verlore te wees in die heelal as dit nie was vir die vriende saam met wie ons reis nie." Roger Thompson,"We Stood Upon Stars".



Onthou jy pouse en die speelgrond? Toe vriende sommer soort van outomaties was? Ek het my beste vriend in graad twee ontmoet toe ons aan 'n soort opgemaakte sport gespeel het. Hy het geval en sy voortand gebreek; ek het na hom toe gehardloop, my hand gegee en saam met hom na die kantoor geloop. 'n Paar dekades later is hy 'n finansiële bestuurder wat gereeld miljoene rande se besluite neem en niemand anders as ek weet dat sy voortande vals is nie.



Die Skrif maak dit baie duidelik hoe belangrik vriendskap is. Jesus het ons selfs sy vriende genoem. Ons het almal waarskynlik goeie herinneringe van vriende uit ons kinderjare. Maar hoe maak ons as volwassenes nuwe vriende? 



Moontlik is die ouens by die werk nie altyd die beste invloed nie. Moontlik het die ouens in jou koskuiskamer nie dieselfde lewensdoelwitte nie - selfs nie eers dieselfde doelwitte vir hierdie naweek nie. Moet egter nie nou al moed opgee nie.



Vriendskappe gebeur nie onmiddellik nie. Hulle vra tyd en moeite. Hier is vyf mooi eenvoudige maniere om 'n vriendskap as volwassene te begin.




  • Gaan vir ontbyt of koffie saam met 'n ou wat lyk asof hy op 'n gebied beter vaar as jy. 

  • Gaan vang vis, ry fiets, speel golf, ens. saam met een of twee ouens wat God en hulle gesin liefhet. 

  • Probeer 'n mannegroep in jou kerk of 'n kerk naby jou. As jy nie daarvan hou nie, probeer 'n paar ander. 

  • Indien jy getroud is, kan jy dalk 'n vriend maak as jy dalk 'n slag saam kuier met daardie paartjie van wie jou vrou so baie praat - en sommer ook by jou vrou guns wen.

  • Wanneer jou buurman weer iets nodig het, bied jou hulp aan. As jy 'n volgende keer iets nodig het, vra dieselfde buurman.


Kyk na vandag se video en bid dan.




Bid: Dankie Jesus, dat U my u vriend noem. Sal U my help om die regte ou (of ouens) te vind om mee te kuier?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Advice For Men

Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar versterk word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale, onthul die skrywer, Roger Thomas, die soort sterk verhoudings wat 'n mens vorm. Begin va...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid