Leesplan inligting

Verhoudingsraad Vir MansVoorbeeld

Relationship Advice For Men

DAG 1 VAN 8

Verhoudings



"As jy 'n ware man wil wees, bestudeer 'n vrou se hart. Dit is die landskap waardeur ons moet reis." Roger Thompson, "We Stood Upon Stars"



Dink daaroor. So baie van die groei in ons lewe gebeur binne ons of as gevolg van vertrouensverhoudings. In hierdie leesplan gaan alles oor die vyf belangrikste verhoudings wat in staat is om van ons 'n man te maak.



Jy gaan dit kry in die vorm 'n gesprek tussen twee vriende: Jason en Roger.



Roger is 'n skrywer. Onlangs het hy We Stood Upon Stars geskryf, 'n reis en avontuurboek wat baie mans gehelp het om rigting in hulle lewe te kry. Hy is egter meer as 'n skrywer. Hy is ook iemand wat God dien, sy vrou liefhet, die tyd saam met sy seuns koester en baie vir sy vriende omgee.



Ek is Roger se vriend, Jason en vir die volgende paar dae sal ek probeer om vir hom 'n paar vrae te vra wat alle mans het.



Sommige van julle lees hierdie leesplan as 'n groep. As dit so is, beveel ons aan dat jy twee dae per week vir vier weke lees. Beplan dan om weekliks bymekaar te kom en gebruik die vrae en Skrifgedeeltes van die leesplan om julle gesprekke mee te begin.



Ons hoop dat jou verhouding met vrouens, met jou pa, mentors, kinders (miskien jou eie kinders), vriende en uiteindelik jou verhouding met God, sterker sal wees as jy klaar is.



Hierdie hele eerste gesprek gaan oor jou verhouding met vrouens.



Kyk vandag na die video en oordink die vraag hier onder.




Oordink:Watter paar eenvoudige stappe kan jy doen om van jouself 'n beter luisteraar te maak? Hoe kan jy geduld en goedhartigheid inspan om jou manier van liefhê aan te spoor?



Leer meer oor Roger.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Advice For Men

Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar versterk word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale, onthul die skrywer, Roger Thomas, die soort sterk verhoudings wat 'n mens vorm. Begin va...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid