Leesplan inligting

Verhoudingsraad Vir MansVoorbeeld

Relationship Advice For Men

DAG 2 VAN 8

Liefde Is...



"Die lewe is besig en liefde ly swaar daaronder. As dit nie tyd het om wortel te skiet nie, verander dit in wellus. Ek het geleer dat ons soms nodig het om die spoed van ons horlosie terug te stel, want die beste liefde het tyd nodig."Roger Thompson, "We Stood Upon Stars"



Het jy onlangs die "liefdeshoofstuk" in die Bybel gelees? Dit klink baie soos Roger se verhale van gister en vandag.



Hierdie hoofstuk, 1 Korintiërs 13, is geskryf deur die apostel Paulus, wat 'n soort van berader was vir die vroeë Christenkerke. 1 Korintiërs 13 is 'n gedeelte van een van die briewe wat Paulus aan die kerk in Korinte geskryf het.



Vanweë sy ligging en groot bevolking, het die antieke Korinte bekend geraak as 'n seks bestemming. Dit het selfs sy eie Griekse woord gekry korinthiazomai vertaal as Korintianiseer - wat beteken om seks te beoefen. Dit was die ontmoetingstoep van die antieke wêreld.



Basies het Paulus hierdie "liefdeshoofstuk" aan 'n groep mense geskryf wat in 'n kultuur geleef het waarin vinnige seks probeer het om ware liefde te vervang. Met ander woorde, hierdie liefdesbrief is presies wat die wêreld vandag nodig het.



Luister, seks is wonderlik. Dit is 'n ongelooflike geskenk van God vir die huwelik. God weet dat ons sal begin uitsien na seks wanneer ons jonk is, en Hy het gevra dat ons dit vir die huwelik bêre. Dit is hoe gesinne begin. Dit voel goed. Dit hou ons naby, maak ons meer kwesbaar, help ons om die skottelgoed te was, te kommunikeer, afsprake te beplan, beter te luister, goedhartig te wees en so baie ander dinge. Maar, in 'n hele hoofstuk wat oor liefde in 'n seks-mal kultuur geskryf is, word dit nie eers genoem nie.



Dis wat ek dink, Paulus, die afrigter, wou hê dat die Korintiërs (en waarskynlik ons) moes weet. Seks is nie 'n bestemming nie. Dit is definitief ook nie liefde se bestemming nie. Dit is ook nie die voertuig nie. Nee, seks is net een van God se baie geskenke wat ons in 'n liefdevolle huwelik kan deel. As ons leef asof dit die bestemming is, sal ons 'n baie groter avontuur in 'n vrou se hart mis. Nog meer, ons sal liefde se ware bestemming mis - God self.



Kyk na vandag se video en oordink die vraag hier onder.




Oordink: Watter gedeeltes van die "liefdeshoofstuk" laat jou floreer? Waarin wil jy verbeter? Wat kan jy nou daaraan doen?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Advice For Men

Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar versterk word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale, onthul die skrywer, Roger Thomas, die soort sterk verhoudings wat 'n mens vorm. Begin va...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid