Leesplan inligting

Verhoudingsraad Vir MansVoorbeeld

Relationship Advice For Men

DAG 3 VAN 8

Ons Vader



"Wanneer dit sleg gaan is dit vir 'n man nodig om die name van die belangrike mans in sy lewe ingekerf te hê in sy hart. Pa's en oupa's. Vriende en mentors. Hierdie mans moet geïdentifiseer en gekies word op grond van hulle karakter en so duidelik ingekerf word dat dit jou eie word." Roger Thompson, "We Stood Upon Stars"



Selfs Jesus het na 'n Vader gekyk vir goedkeuring. Dit is 'n punt waaroor 'n ander groot skrywer, John Eldredge, dikwels praat. Dink daaroor. Toe Jesus gedoop is, het die Vader die hemel geopen net om almal te laat weet dat dit Sy seun daar onder was met wie Hy baie gelukkig is. Dan was daar die keer toe Jesus godsdienstige reëls gebreek het om iemand op die Sabbat gesond te maak en Hy gesê het Hy doen net wat Hy Sy Vader gesien doen het. Onthou ook toe Jesus ons geleer het om te bid? Hy het begin met "Ons Vader..."



Hoekom was hierdie vaderlike verbintenis so belangrik? Hoe voel God oor ons? Wat is jou band met jou pa of 'n vader figuur? Hoe verander dit die manier waarop jy met "Ons Vader" verbind is?



Hierdie is regtig belangrike vrae. Hoekom neem jy dit nie vandag in gebed na jou hemelse Vader nie?



Kyk na vandag se video, gebruik dan tyd om met God te praat, nadat jy vandag se Skrifgedeeltes gelees het.



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Advice For Men

Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar versterk word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale, onthul die skrywer, Roger Thomas, die soort sterk verhoudings wat 'n mens vorm. Begin va...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid