Leesplan inligting

Verhoudingsraad Vir MansVoorbeeld

Relationship Advice For Men

DAG 5 VAN 8

Kinders en Tyd



"Ek is my kinders se held, omdat ek saam met hulle in die water staan."Roger Thompson, "We Stood Upon Stars" 



Roger en ek het vriende geword. Om die waarheid te sê, dit het heel toevallig gebeur. Ek het een van sy leesplanne hier gesien, sy boek gelees, toe vir hom 'n boodskap op Instagram gestuur. Nie baie weke later nie, het ek myself halfpad oor die land bevind waar ek, voordat die son op was, wakker gemaak is deur die geur van sy vrou se pampoen kaneelrolle vanuit die kombuis.



Roger en sy vrou was besig om met hulle oudste seun te praat. Dit was 'n hele uur vroeër as wat hy moes skool toe gaan. Ek het gou agtergekom waarom.



Roger het sy half-wakker seun, 'n branderplank, my broer en my, in sy ou VW paneelwa geboender. Op ons pad na die strand het Roger sy seun gevra waar hy wou gaan branders ry. Hy het blykbaar 'n goeie plek gekies, want hy het brander na brander gevang, terwyl Roger in die koel oggendsand gestaan en kyk het, so trots as wat kan kom. Na ongeveer 'n uur, is 'n koue duikpak verruil vir droë skoolklere, 'n branderplank vir 'n rugsak en uiteindelik het Roger sy tiener, met enkels vol sand, by die skool afgelaai met 'n alreeds bewese, "Ek is lief vir jou, pêl."



Hierdie oomblik het, meer as enige boek of handleiding, 'n indruk gemaak op my ouerskap, op die manier waarop ek my niggies en nefies behandel en hoe ek in mense jonger as ek belê. Die goeie, geduldige en werklik belangstellende liefde wat hy gewys het, was ryker en meer tasbaar as die kaneelrol in my maag.



Roger is besig. Hy praat, skryf boeke, skryf rolprente, gee raad en het in daardie tyd leiding geneem met 'n belangrike bouprojek. Nogtans het hy 'n uur afgeknyp wanneer die branders goed was, of selfs soms nie, om sy seun lief te hê.



Waar kan jy die tyd afknyp vir die kinders in jou lewe? Miskien het jy nie jou eie kinders nie. Dit is oraait - Jesus het ook nie. Nogtans het Hy die woorde gesê wat jy nou in Matteus en Markus gaan lees.



Kyk na vandag se video en oordink die vrae aan die einde.




Oordink:Hoe kan ek tyd afknyp om aan my kinders (of ander mense jonger as ek) te wys dat hulle vir my saak maak en ook vir God? Wanneer gaan ek begin?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Advice For Men

Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar versterk word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale, onthul die skrywer, Roger Thomas, die soort sterk verhoudings wat 'n mens vorm. Begin va...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid