Leesplan inligting

Verhoudingsraad Vir MansVoorbeeld

Relationship Advice For Men

DAG 6 VAN 8

Neem Dit Alles In



"Hulle wil weet waartoe hulle alles in staat is, hoe vêr hulle dinge kan dryf. Hulle wil weet hoe om van die vrees ontslae te raak wat hulle verhoed om iets groots te bereik. Hulle wil weet hoe om te glo dat hulle iemand belangrik kan word." Roger Thompson,"We Stood Upon Stars"



Kinders is soos daardie snaakse handdoeke wat op laat-aand televisie te koop is, wat liters van enige vloeistof kan opsuig. Hulle neem omtrent alles rondom hulle in. Hulle het meer vrae as 'n trivia spel en die meeste daarvan word nooit hardop uitgespreek nie.



Dink so daaroor. Hoe het jy dit reggekry om te praat en te loop toe jy 'n kind was? Het jy iemand gevra of net gekyk hoe ander dit doen? Wat van uitgaan op 'n afspraak, gesprekke en die gras sny. Het jy gevra of net geleer deur die voorbeelde van ander in te neem?



Dit is waarskynlik die rede waarom Jesus die aandag van 'n groot skare geïgnoreer het om op 'n paar kinders te fokus. Hy moes geweet het dat hulle selfs meer uit sy dade gaan leer as uit sy woorde. As ons aan kinders aandag gee, neem hulle gedagtes antwoorde in op vrae soos: Word ek liefgehê? Maak ek saak? Is ek dit werd? Gee iemand anders om vir dit waarvoor ek omgee?



Dus, as jy daaroor bekommerd is dat jy nie al die regte antwoorde het nie, of nie oulik genoeg is nie, of jy self nie wonderlike ouers gehad het nie - begin net deur jou onverdeelde tyd te gee. As jy dit doen, sal hulle dit dadelik inneem.



Kyk na vandag se video en oordink die vraag hier onder.




Oordink:In vandag se video praat Roger oor hoe om uit te vind hoe om te begin om 'n goeie pa of mentor te wees en daarmee vol te hou. Wat kan 'n begin geleentheid vir jou wees?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Advice For Men

Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar versterk word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale, onthul die skrywer, Roger Thomas, die soort sterk verhoudings wat 'n mens vorm. Begin va...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid