Leesplan inligting

Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

DAG 4 VAN 10

Sonde Kom Nie Deur Versoeking Nie


Ek het grootgeword deur te dink dat sonde die gevolg van versoeking is. Op enige gegewe dag sal ek aangaan met my lewe en skielik is versoeking daar — 'n mooi meisie sal verbyloop, 'n vriend sal 'n vuil grappie vertel of 'n afskrif van volgende week se toets sal in my hande beland. Dit is my plig om versoeking daar en dan te weerstaan deur nee te sê of om heeltemal daarvan weg te vlug. Versoeking was die vyand. Neerlaag beteken sonde.



Die probleem is dus nie versoeking nie. Die ware probleem is in die hart waar ons begeertes lê. 



Versoeking kan nie bestaan waar begeerte nie eerste bestaan nie. Jy kan nie versoek word deur iets wat jy nie al wou gehad het nie.



Die Bybel leer ons dat begeertes versoekings oor ons bring: "Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood" (Jakobus 1:14-15). Wanneer vind versoeking plaas? Nadat die begeertes ons uitgelok het. Versoekings lei nie tot begeertes nie, maar begeertes lei tot versoekings.



Versoekings kan nie bestaan waar begeertes nie bestaan nie. Ek kan jou nie versoek om beton te eet nie, tensy daar alreeds 'n begeerte binne jou is om beton te verorber nie. Aangesien jy weet om beton te eet onaangenaam is en dat dit gevaarlik vir jou liggaam is, sal die versoeking nie slaag nie. Die feit is, om dit 'n versoeking te noem is 'n verkeerde benaming. Jy kan nie iets 'n versoeking noem as dit jou nie in die geringste versoek nie. Vir versoeking om te bestaan, moet begeerte eerste bestaan het.



Al wat versoeking doen, is om die geleentheid uit te wys waar begeertes bestaan. Dink aan die bekende uitdaging wat versoeking bied: "Jy weet jy wil dit hê." Versoekings hou die voorwerp van ons begeertes soos 'n wortel voor ons en maak dit meer begeerlik.



Slegs wanneer ons op ons innerlike begeertes in plaas van ons uiterlike versoekings fokus, sal ons sonde op 'n dieper vlak die hoof kan bied. Slegs wanneer ons kyk na wat ons wil hê, nie net na wat ons doen nie, sal ons nader kom aan die plek waar die stryd teen sonde waarlik gebeur. 



Hoe vind verandering op hierdie dieper vlak plaas? Hoe word die begeertes van jou hart herskep? Soos ons regdeur hierdie leesplan gesien het, is die enigste manier wat jou hart verander kan word, deur die evangelie. Verlustig jou in Jesus en Hy sal jou hart verander. 



Slegs God kan die verandering aanbring. Laat ons dus Jakobus se woorde in sy brief navolg: "Nader tot God en Hy sal tot julle nader" (Jakobus 4:8). 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leespl...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://bit.ly/2ZjswRT

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid