Leesplan inligting

Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

DAG 3 VAN 10

Die Goeie Of Slegte Kom Uit Die Hart



Wat veroorsaak dat ons die goeie of die slegte doen? Die meeste mense dink dat dit neerkom op die besluite wat ons neem. Wanneer jy daarop ingestel is om goed te doen, dan sal jy. Wanneer jy besluit om slegte goed te doen, dan sal jy. 



Jesus leer ons egter dat die ware oorsprong van ons optrede baie dieper lê. Alles kom op die hart neer. 



"Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor" (Lukas 6:45). 



Wat ook al in jou hart is sal onvermydelik in jou lewe sigbaar word. 



Wat jou skat is, wat vir jou waardevol is, wat jy verheerlik en wat jy geniet, sal bepaal wat jy doen. Indien jy goeie dinge in jou hart koester, dan sal jy die goeie doen. Indien jy boosheid in jou hart toelaat, dan gaan jy bose dinge doen. 



Hoe verander ons dus ons harte se waardestelsel? Die antwoord lê in Jesus se woorde, wat anders is as wat ons verwag. Ons verwag dalk 'n lys van dissiplines, gewoontes en gedagtes vir nadenke wat die waardes in ons harte sal verander. 



Die toestand van jou hart hang egter nie af van wat jy doen nie, maar wie jy is. Jesus leer ons dat 'n goeie boom nie slegte vrugte kan dra nie en dat 'n slegte boom nie goeie vrugte kan dra nie. Slegs 'n goeie boom kan goeie vrugte dra. 



Ons moet dus vra, hoe word ons goeie bome? 



Dit is die werk van die evangelie. Jesus maak van ons goeie bome ondanks ons slegte vrugte. Hy red ons en herskep ons voordat ons enigiets kon doen om die herskepping te verdien. 



Al wat ons moet doen, is om onsself te sien as die goeie bome wat Jesus ons gemaak het om te wees en ons harte sal Hom bo alles vereer. 



Wil jy jou optrede verander? Verheerlik Jesus omdat Hy jou in 'n goeie boom verander het al was jy die slegste boom wat daar was. Hy sal in jou hart werk sodat jy goeie vrugte kan dra.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leespl...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://bit.ly/2ZjswRT

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid