Leesplan inligting

Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

DAG 7 VAN 10

Beveg Sonde Met Vreugde


Wanneer tye regtig moeilik raak, is dit soveel makliker om sonde te doen. Psalm 37 gaan oor hoe om gedurende 'n moeilike tyd te volhard. 



Dawid, die psalmdigter, skryf dat goddelose mense verskriklike dinge doen. Hoe moet mense dan reageer? Dawid sê ons moet reageer met kalmte, geduld en geloof.



Hoe is dit enigsins moontlik? Hoe kan ons net daar sit en die probleme oor ons laat spoel? Hoe kan ons kalm bly wanneer alles om ons warrel? Hoe kan ons geduldig wees wanneer alles verkeerd loop? Hoe kan ons geloof hê wanneer dit lyk of alle hoop verlore is? 



In hierdie psalm is baie goeie raad om ons vrae te beantwoord. Een van die mooiste, nuttige en bekende gedeeltes kom in vers 4 voor. 



"Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer." 



Die vers is so nuttig om twee redes. 



Eerstens, volharding en om sonde te beveg is nie noodwendig 'n hartseer saak nie. Ons is geroepe om in vreugde te lewe! Maar waar moet ons vreugde vind onder sulke somber omstandighede? Ons kan dit nie in ons omgewing kry nie. Ons kan dit nie vind deur bloot na die blink kant te kyk nie. Nee. 



Ons vind vreugde in die Here. Ons verheug onsself in God. Vir ons as Christene, is die beste manier om dit te doen deur die goeie nuus van die evangelie aan jouself te herhaal. Jesus het jou van sonde en dood gered. Hy het jou straf op Hom geneem. Jy is met die Vader versoen. Jy is nou 'n tempel van die lewende God. Verheug jouself in alles wat God vir jou gedoen het. 



Die tweede rede waarom hierdie vers so nuttig is, is omdat ons iets kry. Daarom hoef ons nie ongelukkig te wees nie. Ons kry die begeertes van ons harte. 



Wat is die begeertes van ons harte wat ons in moeilike tye sal kry? Wel, dit is die presiese ding waarin ons, ons verheug. Ons sal vir God kry!



Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie en ook nie watter sonde dit is nie, want as jy jouself in die God van die evangelie verheug, sal jy die God van die evangelie kry. Verlustig jou in Jesus en Jesus sal Homself aan jou openbaar.



Dit is hoe jy sonde in moeilike tye beveg. Kry jou hart in die geveg betrokke. Verheug jouself in God.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leespl...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://bit.ly/2ZjswRT

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid