Leesplan inligting

Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

DAG 5 VAN 10

Geloof Verander Harte 


Wat is die oorsaak van ons sonde? Regdeur hierdie leesplan het ons gesien dat die hart 'n sentrale rol in ons sonde of heiligheid speel. Wat beïnvloed die hart? 



Jesus het ons in die Bergrede gewys dat ongeloof die wortel van al ons sonde is. 



Jesus het sy volgelinge opdrag gegee om nie bekommerd te wees oor wat hulle gaan eet, drink of aantrek nie. Hoe is dit moontlik? Tot op hede moes mense swoeg en sweet om te oorleef, en lewe baie van salaris tot salaris. Hoe sal ek my gesin voed, my verband betaal, die motor laat regmaak? Jesus se antwoord is om geloof in God se voorsiening te hê (Matteus 6:25-30). Wat ons glo verander ons harte. 



Jesus leer ons 'n belangrike waarheid oor hoe ons harte werk. In 'n sekere sin sê Hy: "Omdat God die klein dingetjies doen kan Hy sekerlik ook die groot dinge doen." God voed die voëls en klee die gras. Dit is 'n bewys dat Hy ons sal voed en ons kinders sal klee. Glo dat God 'n Voorsiener is en bekommernis sal uit jou hart verdwyn. Wat jy glo sal jou hart verander. 



Ongelukkig vertel ongeloof ons harte net mooi die teenoorgestelde. Soos Jesus uitgewys het, openbaar bekommernis die sonde van ons ongeloof in God se voorsiening. Ons is bekommerd omdat ons nie glo dat God sal voorsien nie. Enige soort ongeloof vul gereeld ons harte en lei onvermydelik tot sonde. 



Die krag van God is nie in staat om te voorsien nie. Die liefde van God is nie genoeg om te bevredig nie. Die wet van God is nie in pas met my vreugde nie. Die bloed van Jesus is nie genoeg om my sonde te bedek nie. Die werking van die Heilige Gees is nie voldoende vir my heiligmaking nie. Die evangelie kan nie my huwelik red nie, my van verslawing verlos nie of die bitterheid in my hart stilmaak nie. Ons twyfel dat God vir ons genoeg is.



Indien ons God nie kan vertrou nie, wie kan ons vertrou? Deur ons optrede het ons almal die vraag luidkeels beantwoord — net myself! Ek sal my behoeftes bevredig. Ek sal my begeertes vervul. Wanneer ons probeer om ons begeertes op ons eie maniere te vervul, is sonde die enigste resultaat wat ons ooit sal bereik. Wanneer ons harte vol ongeloof is, sal alles waarop ons ons hande lê verander in afgode wat deur onsself vir ons eie bevrediging gemaak is. O, ons klein gelowiges!



Hoe kan jy dus sonde beveg? Verander jou hart. Hoe kan jy jou hart verander? Verander jou geloof. 



Glo dat Jesus alles in die evangelie voorsien wat jy nodig het, dan sal jou hart begin om van sonde af na God toe te hardloop. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leespl...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://bit.ly/2ZjswRT

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid