Leesplan inligting

Herbedraad Jou Hart - 10 Dae om Sonde Te BevegVoorbeeld

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

DAG 1 VAN 10

Jou Hart is Gesluit



Wat veroorsaak ons om te sondig? Wat beweeg ons tot heiligheid? Watter deel van ons begin om te glo? Wat is binne-in ons wat twyfel veroorsaak? Daar is net een ding — ons harte.



Wat is dus die hoof probleem in ons stryd teen sonde en ons gebrek aan geloof? Paulus stel dit soos volg in ons Skrifgedeelte van vandag: 



"Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit" 2 Korintiërs 6:12.



In hierdie kort, oënskynlik onbenullige opmerking, sny Paulus tot in die kern van alles — die hart. 



In hierdie hoofstuk pleit Paulus by die Korintiërs om die evangelie te glo. Hy het alles in sy vermoë gedoen om die goeie nuus van Jesus met hulle te deel, maar daar is nog steeds mense wat hulle voete sleep. Hoekom? 



Hulle het hulle harte gesluit. 



Hoe sluit ons ons harte? Dit is baie eenvoudig. Ons doen niks wat ons nie wil doen nie. Ons doen slegs dit wat ons wil doen. 



Nou dit beteken nie dat ons slegs doen waarvan ons hou of wat ons verkies nie. Dit beteken dat ons optrede altyd die begeerte van ons harte volg. Dit is waarom God regdeur die Bybel hoofsaaklik ons harte wil hê.



Ons sluit gedurig ons harte. Dan is ons harte nie betrokke nie. Dit is waarom ons sondig. Dit is waarom ons twyfel. Dit is waarom ons probleme in ons geloof en ons lewenswandel ondervind. 



Hoe kan ons dan verander? Hoe kan ons sonde oorwin en vir God lewe? Ons moet ons harte oopmaak. 



Die enigste manier om dit te doen is met die evangelie. Net die evangelie is mooi genoeg om ons harte vir ander oop te sluit sodat al die toegeneentheid wat nodig is vrygestel kan word om ons lewe te vernuwe. 



Dink na oor wat God in Christus alles vir jou gedoen het. Verheug jou in die feit dat jou sondes deur die kosbare bloed van die Seun van God vergewe is. Jubel in die waarheid dat jy in God se familie aangeneem is deur die hoogste prys wat aan die kruis betaal is. 



Wanneer ons dit doen, sal nuwe toegeneentheid in ons harte na vore kom. Ons kan nie sonde beveg deur ons begeertes en wense te onderdruk nie. Ons beveg sonde deur ons harte oop te sluit. Ons moet meer voel, nie minder nie. Hierdie gevoelens moet van die evangelie af kom.



Regdeur hierdie leesplan sal ons sien hoe alles op ons harte neerkom. Vir meer inligting, nooi ek jou uit om my volledige boek oor die onderwerp te bekom: "Rewire Your Heart". 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Rewire Your Heart: 10 Days To Fight Sin

Baie Christene glo dat die enigste manier om sonde te beveg is om op ons tande te byt en bo versoeking uit te styg. Jy kan egter nie sonde met jou denke beveg nie, jy moet dit met jou hart beveg. In hierdie 10-dag leespl...

More

Baie dankie aan Spoken Gospel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://bit.ly/2ZjswRT

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid