Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 1 VAN 24

Advent


Die woord “advent” is afkomstig uit Latyn en beteken bloot “koms”. Advent is ‘n tydperk van afwagting en voorbereiding vir die koms van Jesus. Aan hierdie kant van die lewe, dood en opstanding van Jesus kan ons die advent tydperk op twee spesifieke maniere vier. Ons kyk terug en identifiseer met diegene wat gewag het en verlang het na die koms van die Messias soos deur die profete aan hulle oorgedra is. Ons doen dit vanuit 'n perspektief wat gevul is met die wete dat God, in sy getrouheid, daardie Messias in Jesus voorsien het, net soos in die Skrif geprofeteer is. Ons sien ook in afwagting en verlange uit na die tweede koms van Jesus.


Advent is nie 'n Bybelse mandaat nie, maar word in die Christelike tradisie aangemoedig om ons gedagtes en harte te rig op die koms van Jesus. Dit is ons gebed dat jy en jou gesin in die tydperk, wat die gedenkdag van Jesus se geboorte voorafgaan, tyd sal afstaan om saam die Woord van God te oordink en om Jesus te aanbid in afwagting op sy koms wat vir ons redding en verlossing beteken. In die komende weke sal ons die betekenis van Advent van nader bekyk, dit wat deur Jesus in Homself aan ons geskenk is: hoop, vrede, vreugde en liefde. Ons kry ‘n voorsmaak van die dinge hier op aarde, wat eintlik deur Jesus ontstaan. Hy is die Hoop van die Wêreld, die Vredevors, die Volheid van Vreugde wat ons siele liefhet.


Gesinne Met Jong Kinders


Kersfees is waarskynlik die tydperk waarna kinders die meeste uitsien, dus verstaan hulle baie goed wat afwagting is. KINDERS: Het julle al ooit die woord “advent” gehoor? Dit beteken koms! Kan julle aan enige iets dink wat binnekort kom? (Kersfees) Is julle opgewonde dat Kersfees amper hier is? Waaroor is julle die meeste opgewonde? Is daar iets wat ons as ‘n gesin gewoonlik saam doen om voor te berei vir Kersfees? (bespreek gesinstradisies wat julle vooraf doen ter voorbereiding vir Kersfees) Het julle enige nuwe idees oor wat ons kan doen om vir Kersfees voor te berei? (gee die kinders geleentheid om oor nuwe idees te praat)


Lees Jesaja 9:2-7. KINDERS: Wie kom volgens hierdie verse? (Jesus) Hoekom vier ons Kersfees? (Jesus se geboorte) Baie mense het baie lank gewag vir die koms van Jesus, die Messias. Ons wag ook dat Jesus weer eendag sal kom.


Lees Matteus 24:30-31. KINDERS: Hoe word Jesus se wederkoms in hierdie verse beskryf? (op wolke, in krag, groot heerlikheid, trompetgeskal en engele wat uitgestuur word) Klink dit vir julle of ons in afwagting moet uitsien na die wederkoms van Jesus?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid